From Wikipedia, the free encyclopedia
Epsilon Centauri (ε Centauri, afgekort as Epsilon Cen of ε Cen) is ’n ster in die suidelike sterrebeeld Sentour (Centaurus). Dit is een van die helderste sterre in die sterrebeeld, met ’n effens veranderlike skynbare magnitude van 2,3. Volgens metings van die Hipparcos-satelliet is dit sowat 430 ligjare van die Son af.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Epsilon Centauri
| ||||
Die ligging van ε Centauri (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Sentour | |||
Bayer-naam | ε Cen (afgekort) | |||
Spektraaltipe | B1 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 13h 39m 53.25774s[2] | |||
Deklinasie | -53° 27′ 59.0081″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,3[3] (2,29-2,31[4]) | |||
Absolute magnitude (M) | -3,9[5] | |||
B-V-kleurindeks | -0,22[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,92[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 11,60 ± 1,06[1] | |||
Ligsterkte (L☉) | 15 217[1] | |||
Ouderdom (jaar) | 15,8 ± 5,7 miljoen[6] | |||
Temperatuur (K) | 24 000[1] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | β Cep[4] | |||
Ander name | ||||
CP−52 6655, FK5 504, HD 118716, HIP 66657, HR 5132, SAO 241047 | ||||
|
ε Centauri het ’n groot massa van omtrent 12 keer dié van die Son[1] en ’n sterreklassifikasie van B1 III,[1] wat aandui dit is ’n reusester wat ver gevorder is in sy evolusie. Sy ligsterkte is meer as 15 000 keer dié van die Son[1] en sy effektiewe temperatuur is sowat 24 000 K.[1] Dit gee die ster die blouwit skynsel van ’n B-tipe ster.[7] Dit word geklassifiseer as ’n Beta Cephei-tipe veranderlike ster, met ’n primêre periode van 0,16961 dae (4 uur en 4 minute); dit voltooi 5,9 siklusse per dag.[8] Tydens elke siklus wissel die helderheid van die ster tussen 2,29 en 2,31 m.
ε Centauri is ’n relatief jong ster van sowat 16 miljoen jaar.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.