Italiaanse opera tenoor From Wikipedia, the free encyclopedia
Enrico Caruso (1873–1921) was 'n Italiaanse operasanger. Hy word as een van die beste tenore van die 20ste eeu beskou. Caruso was een van die eerste operasangers wat albums gemaak het. Dit het hom wêreldwyd beroemd gemaak.[1]
Enrico Caruso | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Gebore | 25 Februarie 1873 Napels |
Sterf | 2 Augustus 1921 Napels |
Genres | Opera |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1895–1921 |
Enrico Caruso is op 25 Februarie 1873 in Napels in Italië gebore en hy begin sy loopbaan daar in 1894. Hy behaal sy eerste groot sukses 'n jaar later in Milaan, waar hy sy eerste twintig opnames maak. Sy eerste grammofoonplaat, ook die eerste in die geskiedenis, was in 1902 (Enrico Caruso met Vesti la Giubba uit I Pagliacci) waarvan 1,2 miljoen eksemplare verkoop is.[2]
In 1903 vertrek hy na New York Stad om daar by die Metropolitaanse Operahuis op te tree. In dieselfde jaar begin hy met grammofoonopnames vir die Victor Talking Machine Company. Hy het tot 1920 aan hierdie orkes en opnamebedryf verbonde gebly.
Caruso se repertoire omvat ongeveer sestig operas, die meeste in Italiaans, hoewel hy ook in Frans en Engels gesing het (met 'n sterk Italiaanse aksent). Hy het ook 'n repertoire van ongeveer 500 liedere gehad, wat klassieke tot tradisionele Italiaanse volksliedjies met populêre musiek ingesluit het.
Caruso het in 1987 'n Grammy Lifetime Achievement Award ontvang.[3] Hy is op 2 Augustus 1921 in Napels aan buikvliesontsteking oorlede. Hy was 48 jaar oud.
Sy lewe was die onderwerp van die film The Great Caruso uit 1951, waarin die bekende tenoor Mario Lanza die rol van Enrico Caruso vertolk. Ou opnames van Caruso is ook in die film Match Point van Woody Allen uit 2005 gebruik.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.