Eltville am Rhein
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Eltville am Rhein [ˈɛltvɪlə] is die oudste en grootste nedersetting in die Rheingau-streek en die administratiewe distrik Rheingau-Taunus-Kreis in die Duitse deelstaat Hesse. Bekend as die "Stad van wyn, vonkelwyn en rose" en die Gutenbergstadt , is Eltville 'n rustige klein stad wat regstreeks aan die Rynoewer geleë is en sy geskiedenis tot die Romeinse tydperk kan terugvoer toe dit as Alta Villa gestig is.
Eltville am Rhein | |
---|---|
Stad | |
Die historiese middestad van Eltville am Rhein | |
Byname: Stad van wyn en rose | |
Ligging in die deelstaat Hesse | |
Koördinate: 50°2′N 08°07′O | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Hesse |
Administratiewe streek | Darmstadt |
Administratiewe distrik | Rheingau-Taunus-Kreis |
Regering | |
• Burgemeester | Patrick Kunkel (CDU) |
Oppervlak | |
• Totaal | 46,77 km2 (18,06 vk. myl) |
Hoogte | 95 m (312 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 16 809[1] |
• Digtheid | 359,4/km2 (931/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+2:00 (MEST) |
Poskode | 65343-65347 |
Skakelkodes | 06123 (Hattenheim: 06723) |
Webwerf | www.eltville.de |
Later het Eltville 'n Frankiese nedersetting en die setel van 'n koningshof geword waar Boudewyn van Trier in 1330 met die bou van 'n kasteel begin het. Twee jaar later het keiser Lodewyk van Beiere stadsregte aan Eltville gegee. Ná Boudewyn se afsterwe in 1348 het die kasteel as die gunsteling-somerwoning van die keurvorste van Mainz gedien.
Eltville word ook met die vroeë geskiedenis van die drukkuns verbind. Op 17 Januarie 1465 het aartsbiskop en keurvors Adolf II van Nassau hier Johannes Gutenberg, die uitvinder van die drukpers, tot hofedelman verhef en 'n lyfrente aan hom toegeken wat belastingvryheid en kleding asook jaarliks 2 180 liter graan en 2 000 liter wyn ingesluit het. Gutenberg kon hierdie voorreg nog drie jaar lank geniet voordat hy in 1468 in Mainz oorlede is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.