From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Ekonoom is iemand wat homself met die wetenskap van die ekonomie besig hou of dit toepas. So 'n persoon kan die ekonomie bestudeer, stimuleer, teorieë en konsepte ontwikkel en toepas of oor ekonomiese beleid skryf. Binne hierdie gebied is daar verskeie sub-velde, wat wissel van die breë filosofiese teorieë tot gefokusde studies van kleinighede binne spesifieke markte, makro-ekonomiese analise, mikro-ekonomiese analise of die analise van finansiële state. Analitiese metodes en gereedskap soos ekonometrie, statistiek, ekonomiese rekenaarmodelle, finansiële ekonomie, wiskundige finansiering en wiskundige ekonomie word hiervoor ingespan.
Volgens Frédéric Bastiat:
Daar is net een verskil tussen 'n slegte en 'n goeie ekonoom: die slegte ekonoom beperk homself tot die sigbare effek, die goeie ekonoom neem die effek wat gesien kan word sowel as en die gevolge wat voorsien moet word in ag.[1] |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.