From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (Engels: Economic Freedom Fighters, afgekort: EFF) is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die party is op 11 Julie 2013 deur sy leier, Julius Malema, bekendgestel.
Ekonomiese Vryheidsvegters | |
EFF | |
Leier | Julius Malema |
---|---|
Slagspreuk | People’s Power for Economic Freedom in Our Lifetime |
Gestig | 26 Julie 2013 |
Hoofkwartier | Johannesburg |
Studentevleuel | Economic Freedom Fighters Students' Command (EFFSC) |
Ideologie | Anti-kapitalisties[1][2] Anti-imperialisties[1][2] Linkse populisme[3] Pan-Afrikanisme |
Nasionale affiliasie | Geen |
Internasionale affiliasie | Geen |
Amptelike kleure | Rooi[1][2][3] |
Webblad | effonline |
Die Ekonomiese Vryheidsvegters het 'n radikale, linkse, anti-kapitalistiese en anti-imperialistiese beleid. Volgens hulle is grondonteiening en die nasionalisering van myne ononderhandelbaar. Hulle beplan om mense en maatskappye te dwing om hulle welvaart met almal te deel.
Malema het beklemtoon dat blanke Suid-Afrikaners welkom is om by die EFF aan te sluit, maar dat hulle die party se beleid van grondherverdeling moet aanvaar. Hy het daarna gesê: "Blankes moet bereid wees om die land te deel. Wie is ons dat ons sou sê dat hulle in die see gedryf moet word?"[4]
Hulle buitelandse beleid is om handel tussen Afrikalande te bevorder en die kontinent te integreer deur "onnodige grense" tussen lande op te hef, onder andere Suid-Afrika se grense met Botswana, Lesotho en Eswatini.[5]
Die party het die African National Congress (ANC) in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 teengestaan[6] en vriend en vyand verras deur meer as 'n miljoen stemme (byna 10% soveel as die ANC s'n) te verkry. Die resultaat is dat die EFF nou die derde grootste party in die land is, en sal hul ondersteuners met 25 van die 400 setels in die parlement verteenwoordig.
Nasionale Vergadering | |||||
Verkiesing | # van algehele stemme |
% van algehele stemme |
# van algehele setels gewen |
+/– | |
---|---|---|---|---|---|
2014[7] | 1 169 259 | 6,35 | 25 / 400 | 25 | |
2019[8] | 1 881 521 | 10,79 | 44 / 400 | 19 |
Nasionale Raad van Provinsies | ||
Verkiesing | # van algehele setels gewen |
+/– |
---|---|---|
2014 | 7 / 90 | 7 |
2019 | 11 / 90 | 4 |
Verkiesing | Oos-Kaap | Vrystaat | Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noordwes | Noord-Kaap | Wes-Kaap | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
% | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | |
2014[7] | 3,48% | 2/63 | 8,15% | 2/30 | 10,30% | 8/73 | 1,85% | 2/80 | 10,74% | 6/49 | 6,26% | 2/30 | 13,21% | 5/33 | 4,96% | 2/30 | 2,11% | 1/42 |
2019[8] | 7,84% | 5/63 | 12,58% | 4/30 | 14,69% | 11/73 | 9,71% | 8/80 | 14,43% | 7/49 | 12,79% | 4/30 | 18,64% | 6/33 | 9,71% | 3/30 | 4,04% | 2/42 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.