Amerikaanse skrywer From Wikipedia, the free encyclopedia
Edgar Rice Burroughs (1875–1950) was ’n Amerikaanse skrywer wat veral bekend was vir sy boekreeks oor die oerwoudheld Tarzan en die wetenskapsfiksiereeks Barsoom.[1]
Edgar Rice Burroughs | |
---|---|
Gebore | 1 September 1875 |
Sterf | 19 Maart 1950 Los Angeles, Kalifornië, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Avontuur, wetenskapsfiksie, Wilde Weste Tarzan-reeks |
Handtekening | |
Burroughs is op 1 September 1875 in Chicago gebore as die seun van ’n sakeman. Hy het die Michiganse Militêre Akademie bygewoon en in 1895 daar geslaag. Daarna het hy ’n soldaat geword en verskeie ander beroepe beklee. In 1899 het hy vir vyf jaar by sy pa se besigheid gaan werk. Hy is in 1900 met Emma Centennia Hulbert getroud en hulle het drie kinders gehad: Joan, Hubert en John.
Omstreeks 1911 het hy begin skryf. Sy verhale was vir sogenaamde pulpliteratuur-publikasies, wat in dié tyd gewild was. Sy eerste reeks, Under the Moons of Mars, het in 1912 in die tydskrif All Story verskyn onder die skuilnaam Norman Bean om sy reputasie te beskerm. Daarna het hy voltyds begin skryf. Teen die tyd dat die laaste deel van Under the Moons of Mars gepubliseer is, het hy reeds twee boeke voltooi, waaronder Tarzan of the Apes, wat in Oktober 1912 vir die eerste keer gepubliseer is.
Tarzan was ’n sensasie en Burroughs het soveel as moontlik uit hom probeer maak: van ’n strokiesverhaal en ’n rolprent tot koopware het gevolg. Die publiek kon net nie genoeg van dié held kry nie en tot vandag is Tarzan ’n suksesvolle en bekende karakter.
Burroughs het ook fantasieverhale geskryf waarin mense na verskillende planete, verlore eilande of die binnekant van die "hol aarde" gestuur word. Hy het ook Wilde Weste- en historiese romans geskryf.
In 1923 het hy die onderneming Burroughs Inc. gestig en sy eie boeke begin druk. Hy is in 1934 van Emma geskei en met Florence Dearholt getroud, van wie hy in 1942 ook geskei is. Ten tyde van die aanval op Pearl Harbor het hy in Hawaii gewoon en as oorlogskorrespondent gewerk.
Burroughs is op 19 Maart 1950 in Kalifornië oorlede met byna 70 boeke agter sy naam. Die Burroughs-krater op Mars is na hom genoem.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.