![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/52/SmallEdamCheese.jpg/640px-SmallEdamCheese.jpg&w=640&q=50)
Edamkaas
From Wikipedia, the free encyclopedia
Edam(kaas) of edammerkaas is ’n halfharde kaas wat sy oorsprong in Nederland het; dit is genoem na die stad Edam in die provinsie Noord-Holland.[1] Dit word gewoonlik in ronde bolle verkoop.
Kitsfeite
Edam | ||
![]() | ||
Ander name | Edammerkaas | |
Oorsprong | Edam, ![]() | |
Melkbron | Koeie, bokke | |
Eienskappe | ||
Gepasteuriseer | Ja | |
Tekstuur | Halfhard | |
Massa | 800-2 000 g | |
Vorm | Bol | |
Veroudering | 4 weke tot 10 maande | |
Voedingswaarde (per 100 g) | ||
Vetinhoud | 11 g |
Sluit
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/97/Edam_keeze.jpg/320px-Edam_keeze.jpg)
Edam het ’n vaalgeel binnekant en ’n rooi buiterand van was. Dit verouder goed en raak nie bederf nie; dit word net hard. Daarom was dit tussen die 14de en 18de eeu een van die wêreld se gewildste kase, op see en in afgeleë kolonies.[2][3]