lid van die spesies van beesagtige diere wat die subfamilie Caprinae vorm From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Bok is enige lid van die spesies van beesagtige diere wat die subfamilie Caprinae vorm, maar sluit ook die enkele spesie in die subfamilie Pantholopinae in. Die skaapgroepe en die boerbok is ook deel van hierdie groep diere. Die familie waaraan hulle almal behoort sluit op ander takke die wildsbokke en beeste in.
Bokke | |
---|---|
'n Bok | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Caprinae Gray, 1821 Pantholopinae |
Die meeste ontwikkeling van die groep het plaasgevind ten tye van die laaste ystydperke, toe baie van die lede gespesialiseerd begin raak het vir oorlewing in gemarginaliseerde, onherbergsame omstandighede, soos berghange, woestyne en die sub-Arktiese gebied. Daarom vorm die meeste bokke troppe en is hulle stewiggeboude diere.
Daar is 'n groot grootteverskil onder lede van die groep, vanaf net langer as 'n meter in die geval van die volgroeide grysgoral, Nemorhaedus goral, tot omtrent 2,5 m in die geval van 'n muskusos.
Die diere word in twee groot groepe verdeel op grond van hul gewoontes, die hulpbronverdedigers en die weiers. Eersgenoemde is gebiedsgebonde en verdedig hul klein, voedselryke area teen ander diere van dieselfde spesie, en laasgenoemde wei vrylik in groot troppe oor 'n groter, relatief meer onvrugbare gebied.
'n Bokkapater is 'n manlike gekastreerde bok. Die woord "kapater" is afkomstig vanaf die Portugese woord capado wat "ontman" beteken.
FAMILIE BOVIDAE
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.