Die Dwelmoorlog in Meksiko (Spaans: Guerra contra el narcotráfico en México) is 'n asimmetriese oorlog tussen die Meksikaanse staat en die Meksikaanse dwelmkartelle, wat amptelik op 11 Desember2006 met Operasie Michoacan onder president Felipe Calderón begin het. Reeds in die 1990's en vroeë 2000's het gewelddadige konflikte tussen die dwelmkartelle en die regering onder president Vicente Fox plaasgevind.
* Die groepe wat hier gelys word werk nie noodwendig saam nie, maar is almal betrokke in 'n stryd teen mekaar.
Aanvoerders
Enrique Peña Nieto
Vidal Francisco Soberón Sanz
Salvador Cienfuegos Zepeda
Miguel Ángel Osorio Chong
Jesús Murillo Karam
Felipe Calderón
Mariano Francisco Saynez Mendoza
Guillermo Galván Galván
Marisela Morales
Sergio Aponte Polito[4]
Joaquín Guzmán Loera
Ismael Zambada García
Ignacio Coronel Villarreal (†)
Antonio Cárdenas Guillén (†)
Jorge Eduardo Costilla Sánchez
Vicente Carrillo Fuentes
Luis Fernando Sánchez Arellano
Heriberto Lazcano Lazcano (†)
Miguel Treviño Morales
Arturo Beltrán Leyva (†)
Héctor Beltrán Leyva
Nazario Moreno González (†)
2837 vermoor in 2007[17]
6844 vermoor in 2008[17]
11753 vermoor in 2009[17]
19546 vermoor in 2010[18][19]
24068 vermoor in 2011[20][21][22]
18061 vermoor tot 31 Oktober 2012[23]
Totaal: 90000-106000 vermoor
+6800 vermoor in 2013 onder president Nieto[24]
Totale skatting van sterfgevalle (wisselend): 83191+ tydens die presidentskap van Felipe Calderon. 6800+ vermoor tydens die eerste drie maande onder president Enrique Nieto[25] = 90000+[26][26]
Totaal verplaas: 1,6 miljoen[27]
Sluit
Die belangrikste rede vir die oorlog is die dwelmhandel na die Verenigde State en Kanada, wat die kartelle tot 90% oorheers. Intussen is die kartelle ook in onwettige transaksies soos smokkelhandel van mense, wapensmokkelary en prostitusie betrokke.
Die invloedsfeer van die kartelle strek van Vancouver in Kanada tot die VSA, vanaf Guatemala tot Colombia en Wes-Afrika. In Noord-Meksiko aan die grens met die VSA het die kartelle die staat se houvas op vrede en geregtigheid geneutraliseer. So is Ciudad Juárez, aan die grens met die VSA, sedert die begin van die oorlog die stad met die meeste moorde per jaar. Elke dag word gemiddeld sewe mense vermoor.
Ruiz, José Luis (10 Januarie 2011). "Guerra al narco asfixia penales". El Universal (in Spaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2014. Besoek op 7 April 2013.