Die driedoring (Rhigozum trichotomum) is 'n struik wat inheems aan Angola, Botswana, Namibië en Suid-Afrika is.[1] Dit kom veral in die Nama-Karoo voor en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.[2]

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Driedoring
Thumb
Thumb
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Lamiales
Familie: Bignoniaceae
Genus: Rhigozum
Spesie:
R. trichotomum
Binomiale naam
Rhigozum trichotomum
Burch., (1822)
Sluit

Dit is 'n houtagtige meerjarige struik wat 1 - 2 m hoog word met doringagtige takkies wat gewoonlik in drieë aftak. Dit dra net klein blaartjies wat dit in die droë tyd verloor en dit kry klein wit blommetjies met 'n geel hart. Oorbeweide gebiede raak vinnig bedek met hierdie plant. Dit gee nie net slegte landbeheer aan, maar sorg ook dat die grond minder aan erosie blootstaan. Die plant is self nie smaaklik nie, maar tree op as verpleegsterplant vir ander jong plantjies. Dit kom in gebiede met 'n onreëlmatige reënval van 50 - 350 mm per jaar voor.[3]

Die boom se FSA-nommer is 676.1[4]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakel

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.