Die "Drie Pashas" (Ottomaanse Turks: اوچ پاشلار) verwys na die drie senior amptenare wat prakties tydens die Eerste Wêreldoorlog oor die Ottomaanse Ryk regeer het: Mehmed Talaat Pasha (1874-1921), die eerste minister en minister van binnelandse sake; Ismail Enver Pasha (1881-1922), die minister van oorlog; en Ahmed Djemal Pasha (1872-1922), die minister van die vloot.

Thumb
Die voorblad van die Ottomaanse koerant İkdam op 4 November 1918 nadat die Drie Pashas uit die land gevlug het. Hulle is van links Djemal, Talaat en Enver Pasha.

Geskiedenis

Die Drie Pashas was deel van die Jong Turke, wat sultan Abdülhamid II afgesit en die bewind oorgeneem het. Die Jong Turke het daarna in twee groepe verdeel: Die liberaler Jong Turke, wat vir desentralisasie was, het die Party van Vryheid en Akkoord gestig,[1] en die radikale, nasionalistiese vleuel, wat vir sentralisasie was, het in die KEV gebly.[2] Die groepe se magstryd het tot in 1913 voortgeduur toe die KEV, waarvan die Drie Pashas lid was, met ’n staatsgreep die mag van Vryheid en Akkoord oorneem.

Die Drie Pashas was grootliks daarvoor verantwoordelik dat die ryk in 1914 tot die Eerste Wêreldoorlog toegetree het en vir die dood van meer as ’n miljoen Armene tydens die Armeense volksmoord. Al drie het gewelddadig gesterf: Talaat en Djemal is in sluipmoordaanvalle dood en Enver in ’n opstand in die moderne Tadjikistan.

Ná hulle dood is hulle egter in die Vryheidsmonument in Istanboel begrawe.

Verwysings

Skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.