vooroordeel en diskriminasie waarin mense wat soortgelyke etniese eienskappe deel en mense wat beskou word as behorende tot 'n ander ras From Wikipedia, the free encyclopedia
Diskriminasie op grond van velkleur, ook bekend as kolorisme, of skaduïsme, is 'n vorm van vooroordeel en diskriminasie waarin mense wat soortgelyke etniese eienskappe deel en mense wat beskou word as behorende tot 'n donkerder ras, verskillend behandel word op grond van die sosiale implikasies wat kom met die kulturele betekenisse wat aan hul donkerder velkleur geheg word.[1]
Navorsing het uitgebreide bewyse gevind van diskriminasie op grond van velkleur in strafregspleging, besigheid, die ekonomie, behuising, gesondheidsorg, media en politiek in die Verenigde State en Europa. Ligter velkleure word in baie lande in Afrika, Asië en Suid-Amerika as verkieslik beskou.
Rassisme raak byna elke aspek van mense se daaglikse lewe. Navorsing toon dat gekleurdes minder geleenthede in hoër onderwys en indiensneming gebied word as wat wit mense gebied word. Swart mense word harder en minder beleefd behandel as wat wit mense behandel word. As romantiese vennote word hulle as minder begeerlik beskou en wit mense word as meer begeerlik beskou. Hulle ontvang ook gekompromitteerde mediese behandeling.[2]
Verskeie meta-ontledings het bewyse gevind van diskriminasie in die Noord-Amerikaanse en Europese arbeidsmarkte.[3][4][5] 'n Meta-analise wat in 2016 gedoen is, bevind dat daar uitgebreide rassediskriminasie binne beide die Europese en Noord-Amerikaanse aanstelligspraktyke is.[4] ’n Meta-ontleding van 738 korrespondensietoetse van 43 verskillende studies is in OESO-lande gedoen, is tussen die jare 1990-2015 gedoen. Bevindinge was dat daar baie uitgebreide diskriminasie tussen beide Europese en Noord-Amerikaanse aanstellingsprosesse was. Minderheidskandidate moes ongeveer tot 50% meer aansoeke as meerderheidskandidate stuur om vir 'n onderhoud genooi te word.[4]
In die Ooste, Suide en Suidooste word ligter vel meestal verkies,[6] veral in lande soos China, Suid-Korea, Taiwan, Hong Kong, Viëtnam, Indië, Pakistan, Bangladesj, Filippyne, Indonesië, Thailand en Japan.[7][8][9]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.