From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Dingo (Canis lupus dingo) is 'n soogdier wat in Australië en Suid-Oos Asië voorkom. Hulle is soortgelyk aan wilde honde en is waarskynlik 5 000 jaar gelede as huisdiere aangehou. Hulle het egter weer wild geword en het 'n leefwyse soortgelyk aan die van die wolf ontwikkel. Dingo's is kleiner as wolwe en het die massa van 'n middelgrootte hond (10 tot 20 kilogram).
Australiese dingo | |
---|---|
'n Reun | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Canis |
Spesie: | C. lupus |
Subspesie: | C. l. dingo |
Trinomiale naam | |
Canis lupus dingo
(alternatiewelik: Canis dingo)[2] (Meyer, 1793) | |
Verspreiding in 2006 |
Dingo's is ongeveer 4 000 jaar gelede vanaf Suid-Oos Asië na Australië gebring. Hulle word egter nie in Tasmanië aangetref nie, omdat die seevlak 10 000 jaar gelede gestyg en dié eiland van die Australiese vasteland afgesny is. Die meeste dingo's in die natuur is nie meer opreg nie. Hulle wetenskaplike naam is onlangs van Canis familiaris (hond) dingo na Canis lupis (wolf) dingo verander. Dit is gedoen om aan te toon dat hulle verwant is aan die witvoetige wolf wat in Asië voorkom.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.