![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cc/Cygnus_constellation_map.png/640px-Cygnus_constellation_map.png&w=640&q=50)
Deneb
ster in die sterrebeeld Swaan / From Wikipedia, the free encyclopedia
Deneb, of Alpha Cygni, is die helderste ster in die sterrebeeld Swaan (Cygnus) en een van die hoeksterre van die Winterdriehoek. Dit is die 19de helderste ster in die naghemel, met ’n skynbare magnitude van 1,25. Dit is ’n blouwitsuperreus. Deneb se presiese afstand (en dus helderheid) is moeilik om te bepaal, maar dit is tussen 54 000 en 196 000 keer so helder as die Son.
Kitsfeite
Deneb
| ||||
![]() | ||||
Deneb in die sterrebeeld Swaan (rooi omsirkel). | ||||
Sterrebeeld | Swaan | |||
Bayer-naam | Alpha Cygni | |||
Spektraaltipe | A2 Ia[1] | |||
Soort | Superreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 20h 41m 25.9s | |||
Deklinasie | +45° 16′ 49″ | |||
Skynmagnitude (m) | 1,25 | |||
Absolute magnitude (M) | −8,38[2] | |||
B-V-kleurindeks | 0,09[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,23[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 19 ± 4[2] | |||
Radius (R☉) | 203 | |||
Ligsterkte (L☉) | 196 000 | |||
Temperatuur (K) | 8 525 | |||
Afstand (ligjaar) | 2 600 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Alpha Cygni-veranderlike | |||
Ander name | ||||
50 Cyg, Arided, Aridif, Gallina, Arrioph, HR 7924, BD +44°3541, HD 197345, SAO 49941, FK5: 777, HIP 102098 | ||||
|
Sluit