Delta Arae (δ Arae, afgekort as Delta Ara of δ Ara) is ’n dubbelster in die suidelike sterrebeeld Altaar (Ara). Dit het ’n skynbare magnitude van 3,62[4] en is met die blote oog sigbaar. Die ster is sowat 198 ligjare van die Son af.[3]

Kitsfeite
Delta Arae
Die ligging van Delta Arae (in die rooi sirkel).
Die ligging van Delta Arae (in die rooi sirkel).
SterrebeeldAltaar
Bayer-naamδ Arae
SpektraaltipeB8 Vn[1] / G8 V[2]
SoortDubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming17h 31m 05.91272s[3]
Deklinasie-60° 41 01.8522[3]
Skynmagnitude (m)3,62[4]
B-V-kleurindeks -0,10[4]
U-B-kleurindeks -0,31[4]
Besonderhede
Massa (M)3,56[5]
Radius (R)3,12 ± 0,15[6]
Ouderdom (jaar)125 miljoen[7]
Temperatuur (K)11 962 ± 86[6]
Eienskappe
VeelvoudigheidDubbelster
Ander name
CPD -60° 6842, FK5 648, HD 158094, HIP 85727, HR 6500, SAO 253945.[8]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Sluit

Delta Arae is ’n swaar B-tipe hoofreeksster met ’n sterreklassifikasie van B8 Vn.[1] Die "n" in die agtervoegsel dui daarop dit het absorpsielyne wat uitgesprei is omdat die ster vinnig roteer. Dit het ’n rotasiesnelheid van 255 km/s, wat aanleiding gee tot ’n ewenaarbult met ’n radius van 13% groter as die poolradius.[2] Delta Arae het ’n G-tipe metgesel-ster met ’n magnitude van 9,5 wat dalk ’n dubbelsterstelsel vorm.[5]

Daar is ook ’n optiese metgesel met ’n skynbare magnitude van 12 wat 47,4 boogsekondes ver lê.[7]

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.