Dag Hammarskjöld
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dag Hammarskjöld (Sweeds: [dɑːɡ ²hamarˌɧœld] ; 1905–1961) was 'n Sweedse diplomaat. Hy was van 10 April 1953 tot 18 September 1961 die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies. Hammarskjöld sterf tydens 'n vliegongeluk op 'n vredesmissie na die Demokratiese Republiek van die Kongo. In 1961 is die Nobelprys vir Vrede postuum aan hom toegeken.[1]
Dag Hammarskjöld | |
Dag Hammarskjöld in die 1950's | |
2de Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies | |
Ampstermyn 10 April 1953 – 18 September 1961 | |
Voorafgegaan deur | Trygve Lie |
---|---|
Opgevolg deur | U Thant |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Dag Hjalmar Agne Carl Hammarskjöld 29 Julie 1905 Jönköping, Verenigde Koninkryke van Swede en Noorweë (nou Jönköping, Swede) |
Sterf | 18 September 1961 (op 56) Ndola, Rhodesië en Njassaland (nou Ndola, Zambië) |
Alma mater | Universiteit van Uppsala Universiteit van Stockholm |
Religie | Lutheranisme/Kerk van Swede |
Handtekening | |
Toekennings | Nobelprys vir Vrede (1961) |
Dag Hjalmar Agne Carl Hammarskjöld is op 29 Julie 1905 in Jönköping in Swede gebore. Hy was die vierde seun van Hjalmar Hammarskjöld (premier van Swede tydens die Eerste Wêreldoorlog) en M.C. (Agnes) Almquist.
Hammarskjöld is op op 7 April 1953 as die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies verkies. In 1957 word hy vir 'n tweede termyn van vyf jaar benoem, meer as ses maande voor die beëindiging van sy eerste ampstermyn.
Hy is op 18 September 1961 in Ndola oorlede. Sy vliegtuig, 'n Douglas DC-6, stort tydens 'n missie om 'n wapenstilstand te onderhandel neer. Hy is postuum met die Nobelprys vir Vrede vereer en die Amerikaanse president John F. Kennedy het hom "die grootste staatsman van ons eeu" genoem.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.