From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Cor Caroli-stelsel is ’n dubbelster met die Bayer-naam Alpha Canum Venaticorum (afgekort as α CVn). Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) gebruik die naam "Cor Caroli" spesifiek vir die helderste van die twee sterre.[9] Alpha Canum Venaticorum is die helderste ligpunt in die noordelike sterrebeeld Jaghonde (Canes Venatici).
α Canum Venaticorum
| ||||
Die ligging van α Canum Venaticorum (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Jaghonde | |||
Bayer-naam | Alpha Canum Venaticorum | |||
Spektraaltipe | α2 CVn: A0pSiEuHg[1] α1 CVn: F2V[2] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | α2 CVn: 12h 56m 01.66622s[3] α1 CVn: 12h 56m 00.43258s[3] | |||
Deklinasie | α2 CVn: +38° 19′ 06.1541″[3] α1 CVn: +38° 18′ 53.3768″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | α2 CVn: 2,84 tot 2,98[4] α1 CVn: 5,6[5] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | α2 CVn: 2,97 ± 0,07[6] α1 CVn: 1,47 ± 0,15[7] | |||
Radius (R☉) | α2 CVn: 2,49 ± 0,26[6] α1 CVn: 1,5[7] | |||
Ligsterkte (L☉) | α2 CVn: 101 ± 12[6] | |||
Ouderdom (jaar) | α2 CVn: 165+60−70 miljoen[6] | |||
Temperatuur (K) | α2 CVn: 11 600 ± 500[6] α1 CVn: 7 080[7] | |||
Afstand (ligjaar) | ~120 | |||
Rotasiespoed (km/s) | α2 CVn: 18,4 ± 0,5[6] α1 CVn: 18[8] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | α2 CVn: Alpha2 Canum Venaticorum-veranderlike | |||
Veelvoudigheid | 2 | |||
Ander name | ||||
α CVn, 12 CVn, BD+39° 2580, ADS 8706 AB, CCDM J12560+3819B α2 CVn: α CVn A, 12 CVn A, FK5 485, GC 17557, HD 112413, HIP 63125, HR 4915, SAO 63257. α1 CVn: CVn B, 12 CVn B, GC 17556, HD 112412, HIP 63121, HR 4914, SAO 63256. | ||||
|
"Alpha Canum Venaticorum" is die stelsel se Bayer-naam. Die helderste ster word "α2 Canum Venaticorum" genoem en die dofste een "α1 Canum Venaticorum".[10]
Alpha Canum Venaticorum het die naam "Cor Caroli" in die 17de eeu gekry; dit beteken "Karel se Hart". Daar is onsekerheid oor na wie die ster genoem is: koning Karel I van Engeland, wat in 1649 tereggestel is tydens die Engelse Burgeroorlog, of sy seun, koning Karel II, wat die Britse monargie in 1660 herstel het.
Alpha Canum Venaticorum is ’n dubbelster met ’n gesamentlike skynbare magnitude van 2,81. Die twee sterre is 19,6 boogsekondes van mekaar af en kan maklik met ’n klein teleskoop uit mekaar geken word. Die stelsel is sowat 110 ligjare van die Son af.
α2 CVn is van spektraaltipe A0 en het ’n skynbare magnitude wat wissel tussen 2,84 en 2,98, met ’n tydperk van 5,47 dae.[4] Dit is ’n uitsonderlike ster met ’n sterk magneetveld, wat sowat 5 000 keer so sterk soos die Aarde s’n is, en word geklassifiseer as ’n Ap/Bp-ster.[11] Sy atmosfeer het ’n oorvloed van sekere elemente soos silikon, kwik en europium. Dit is vermoedelik omdat sekere elemente in die ster afsak onder die invloed van sy swaartekrag, terwyl ander na die oppervlak styg vanweë stralingsdruk.[10][11] Die ster is die prototipe van ’n klas veranderlike sterre wat Alpha2 Canum Venaticorum-veranderlikes genoem word. Daar word geglo dié sterre se sterk magneetveld veroorsaak enorme stervlekke. Vanweë dié stervlekke wissel die helderheid van Alpha2 Canum Venaticorum-sterre aansienlik gedurende hulle rotasie.
α1 Canum Venaticorum is ’n F-tipe hoofreeksster. Dit is aansienlik dowwer as sy metgesel en het ’n skynbare magnitude van sowat 5,6.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.