From Wikipedia, the free encyclopedia
Sir Clive Marles Sinclair (30 Julie 1940 – 16 September 2021) was 'n Engelse entrepreneur en uitvinder wat veral in die laat 1970's en vroeë 1980's met sy ontwikkelings op die gebied van verbruikerselektronika bekendheid verwerf het, waaronder die eerste sakrekenaar, die Verenigde Koninkryk se eerste digitale horlosie, tuisrekenaars en draagbare televisietoestelle.
Clive Sinclair | |
---|---|
Gebore | Clive Marles Sinclair 30 Julie 1940 |
Sterf | 16 September 2021 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | entrepreneur en uitvinder |
Eggenoot | Ann Trevor-Briscoe (1962–1985) Angie Bowness (2010–hede) |
Kinders | Belinda, Crispin, Bartholomew |
Ouer(s) | George William Carter Sinclair Thora Edith Ella Marles |
Nadat hy enkele jaar lank as assistentredakteur van Practical Wireless en Instrument Practice werksaam was, het Sinclair in 1961 sy eie onderneming, Sinclair Radionics, gestig waar hy in 1972 met die Sinclair Executive die eerste plat sakrekenaar ter wêreld ontwikkel en vervaardig het. Sinclair het hom later op die vervaardiging van tuisrekenaars toegespits en die Sinclair ZX80 ontwikkel, die Verenigde Koninkryk se eerste tuisrekenaar wat op die massamark gemik is en vir minder as £100 verkoop is. Dit is opgevolg deur Sinclair Research se ZX81 en ZX Spectrum-rekenaars. Die laasgenoemde sou in die vroeë dae van die Britse tuisrekenaarbedryf 'n beslissende rol speel. Sinclair het in 2010 opgemerk dat hy self nie van rekenaars gebruik maak nie en die telefoon bo e-pos verkies.
Sinclair, wat in 1983 tot die ridderstand verhef is, het later Sinclair Vehicles gestig en die Sinclair C5 ontwikkel, 'n battery-aangedrewe elektriese motor waarmee hy egter geen kommersiële sukses kon behaal nie. Sinclair het hom sedertdien op persoonlike vervoermiddels toegespits en onder meer die A-fiets ontwikkel, 'n voubare fiets vir pendelaars met 'n gewig van 5,5 kg wat maklik gevou en in openbare vervoermiddels saamgeneem kan word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.