From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Canon EOS 40D is 'n 10,1-megapieksel semi-professionele digitale enkellensreflekskamera. Dit is teen die einde van Augustus 2007 vrygestel. Dit is die opvolger van die EOS 30D, en is opgevolg deur die EOS 50D.[1] Dit kan EF en EF-S lense pas. Soos sy voorganger, maak dit gebruik van 'n APS-C-grootte beeldsensor, wat 'n 1.6 x kropfaktor op die sigveld lewer.
Veranderinge aan die 30D sluit 'n hoër resolusie van die sensor in (10,1 megapieksel in plaas van 8,2). Die sensor het ook beter geraasbeheer as die vorige modelle. Die 40D het 'n groter geheuebuffer, dus kan meer foto's in 'n enkele sessie geneem word sonder 'n stadiger raampietempo. Rame per sekonde is verhoog vanaf 5 tot 6,5.
Die nuutste funksie van die 40D is Live View (voorheen gebruik op die EOS 20Da), wat fotograwe in staat stel om die LCD-skerm as hul soeker te gebruik. Dit is baie nuttig vir die neem van foto's laag teen die grond, wanneer die oog nie die soekvenster kan bereik nie. Die sluitergeluid is ook stiller in hierdie modus.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.