USB
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Remove ads
USB (afkorting vir Universele Seriële Bus of universele seriebus;[1] Engels: Universal Serial Bus) is 'n standaard vir die aansluiting van randapparatuur op rekenaars. Dit vervang die stadiger parallelle en serie-poorte, hoofsaaklik omdat die spoed van data-oordrag met USB soveel groter is. Die standaard is deur Intel uitgevind en hulle het protokolweergawe 1.0 in 1996 bekendgestel. Met behulp van die gestandaardiseerde USB-poort kon vervaardigers produkte maak wat met beide die standaard persoonlike rekenaar en Apple Macintosh versoenbaar is. Behalwe randapparatuur vir rekenaars word verskillende tipes mikrobeheerders van 'n USB-poort voorsien, byvoorbeeld om hul toepassing binne rekenaars en ingebedde stelsels te vereenvoudig.
- Hierdie artikel handel oor die rekenaarstamlyn. Sien USB (dubbelsinnig) vir ander gebruike.
'n Bykomende voordeel van USB is dat dit kragtoevoer aan die ingepropte randapparatuur kan verskaf. USB-toerusting kan ook gekoppel en ontkoppel word sonder om die rekenaar te herlaai.
FireWire is 'n alternatief vir USB. Dit is veral geskik is vir die koppeling van toerusting wat hoë bandwydte vereis, soos eksterne hardeskywe en videokameras.
Remove ads
Weergawegeskiedenis
Remove ads
Verbindingtipes

Sien ook
Bronne
- Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 6de uitgawe. Pearson. 2015. ISBN 978-1-77025-700-9.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads