From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 68ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 13-24 Mei 2015 gehou.[1] Die Amerikaanse regisseurbroers Joel en Ethan Coen was die voorsitters van die jurie vir die hoofkompetisie[2] Dit was die eerste keer dat daar twee voorsitters was.[3] Die Franse akteur Lambert Wilson was die aanbieder van die opening- en die afsluitingseremonie.[4] Altesaam 47 rolprente en kortfilms is vertoon. Die Franse rolprent Dheepan, met Jacques Audiard as regisseur, het die Palme d'Or gewen.[5][6]
Die fees is geopen met Emmanuelle Bercot se Standing Tall[7] en afgesluit met Ice and the Sky van Luc Jacquet.[8] Albei flieks is gekies vir die krag en belangrikheid van hul boodskap – Standing Tall vir sy reaksie op die Charlie Hebdo-slagting en Ice and the Sky vir sy tema wat handel oor die toekoms van die aarde.[8][9][10]
Die Franse regisseur Agnès Varda het die ere-Palme d'Or ontvang; sy is die eerste vrou wat die eer te beurt val.[11]
Rolprent | Regisseur | Land | Prys |
---|---|---|---|
Dheepan | Jacques Audiard | Frankryk | Palme d'Or |
Son of Saul | László Nemes | Hongarye | Grand Prix |
The Lobster | Yorgos Lanthimos | Griekeland, Frankryk, Ierland, Nederland, Brittanje | Jurieprys |
Rams | Grímur Hákonarson | Ysland | Un Certain Regard |
Share | Pippa Bianco | VSA | Cinéfondation |
Land and Shade | César Augusto Acevedo | Colombia, Frankryk, Nederland, Chili, Brasilië | Caméra d'Or |
Waves '98 | Ely Dagher | Libanon, Katar | Kortfilm-Palme d'Or |
Prys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste regisseur | Hou Hsiao-hsien | The Assassin | Brittanje, VSA |
Beste draaiboek | Michel Franco | Chronic | Mexiko, VSA |
Beste akteur | Vincent Lindon | The Measure of a Man | Frankryk |
Beste aktrise | Rooney Mara Emmanuelle Bercot | Carol Mon Roi | Brittanje, VSA Frankryk |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.