From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Campanium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Laat Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Paleogeen | Paleoseen | Danium | jonger | ||
Kryt | Laat | Maastricht | 66,0–72,1 | ||
Campanium | 72,1–83,6 | ||||
Santonium | 83,6–86,3 | ||||
Coniakium | 86,3–89,8 | ||||
Turonium | 89,8–93,9 | ||||
Senomanium | 93,9–100,5 | ||||
Vroeg | Albium | 100,5–~113,0 | |||
Aptium | ~113,0–~125,0 | ||||
Barremium | ~125,0–~129,4 | ||||
Hauterivium | ~129,4–~132,9 | ||||
Valanginium | ~132,9–~139,8 | ||||
Berriasium | ~139,8–~145,0 | ||||
Jura | Laat | Titonium | ouer | ||
Die verdeling van die Kryt (IKS). |
Die tydperk was van sowat 83,6 tot 72,1 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Santonium en gevolg deur die Maastricht.
Die Campanium is in 1857 deur Henri Coquand genoem na Champagne (Latyn: Campanum) in die Franse département Charente-Maritime.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die uitwissing van die seelelie Marsupites testudinarius, en die bokant deur ’n kompleks van 12 biostratigrafiese kriteria, waaronder die vroegste voorkoms van die ammoniet Pachydiscus neubergicus en die belemniet Belemnella lanceolata.
In die Campanium het die dinosourusse vinnig versprei. Die getal genera het toegeneem in wat die "Campaniese ontploffing" genoem word. Net in Noord-Amerika het dit gestyg van 4 tot 48. Dit is nie duidelik of dit ’n ware toename was en of minder fossieloorblyfsels in die Onder-Campanium bewaar gebly het nie. Dit kan wees dat die toename was vanweë die relatief warm klimaat tydens die tydsnede. Daar is wel in die Maastricht 30% minder genera gevind, en aan die einde van laasgenoemde tydsnede het die dinosourusse skielik heeltemal uitgesterf.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.