From Wikipedia, the free encyclopedia
Camden-kragstasie in Mpumalanga, Suid-Afrika, is 'n steenkoolkragstasie wat deur Eskom bedryf word.
Camden-kragstasie | |
---|---|
Ligging | Hoëveld by Ermelo |
Provinsie/Land | Mpumalanga |
Koördinate | 26°37′13″S 30°5′38″O |
Doel | Nywerheid en huishoudelik |
Status | Operasioneel |
Eienaar | Eskom |
Turbines | 8 stoomturbines |
Geïnstalleerde kapasiteit | 3 x 200 MW 1 x 196 MW 2 x 195 MW 1 x 190 MW 1 x 185 MW |
Maksimumkapasiteit | 1600 Megawatt |
Netto opwekking | 1561 Megawatt |
Camden is in 1967 in gebruik geneem. Tussen 1990 en 2006 was die aanleg tydelik uit bedryf gestel, maar Suid-Afrika se energiekrisis in die vroeë 21ste eeu het Eskom aangespoor om die stasie weer in gebruik te neem. Daar is begin met eenheid 6 in Julie 2005 en voltooi met eenheid 1 in Julie 2008.
Krag word opgewek deur agt 200 MW-eenhede met 'n totale geïnstalleerde kapasiteit van 1 600 MW.[1] Steenkoolenergie na effektiewe omskakeling van elektriese energie is 33,40%[2]
In die geïntegreerde resultate vir 2015 word die nominale kapasiteit gelys as 1 481 MW met 'n bruto kapasiteit van 1,561 MW (3 x 200 MW; 1 x 196 MW; 2 x 195 MW; 1 x 190 MW; 1 x 185 MW).[3]
Die vier skoorstene van die Camden-kragstasie is 152,4 meter (500 voet) hoog.
Benewens vir toevoer aan die Suid-Afrikaanse kragnet, voer Camden, saam met die Arnot-kragstasie, ook die Mozal Aluminium-smelter in Mosambiek via 400 kV-transmissielyne.[2] Mozal verbruik ongeveer 950 MW.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.