From Wikipedia, the free encyclopedia
Byeterapie of Apiterapie (Engels: "Bee Therapy", "Apitherapy") is 'n tak van alternatiewe medisyne wat heuningbyprodukte gebruik, insluitend heuning, stuifmeel, propolis, koninklike jellie en byegif. Voorstanders van byeterapie maak aanspraak op die gesondheidsvoordele wat nie deur bewysgebaseerde medisyne ondersteun word nie. Dit word as 'n skynwetenskapplike behandeling beskou.[1][2]
Verwysings na mediese eienskappe van byprodukte kan in Chinese, Koreaanse, Russiese, Egiptiese en Griekse tradisionele medisyne gevind word[3][4] en byeterapie word beoefen sedert die tyd van Hippokrates.[5][6] Die meer moderne studie van byeterapie, spesifiek diê van byegif, is begin deur die Oostenrykse dokter Philipp Terčin in 1888 toe hy geskryf het oor "'n besondere verbinding tussen die bysteek en die rumatiek."[7] Meer onlangse alternatiewe geneeskundige praktyke word toegeskryf aan die Hongaarse dokter Bodog F. Beck wat in 1935 die uitdrukking "byegifterapie" bedink het,[5] en die byeboer Charles Mraz (1905–1999) in die laaste helfte van die twintigste eeu.[8] In 1957 het die Ministerie van Gesondheid van die USSR die gebruik van byegif goedgekeur om sekere kwale te behandel met die goedkeuring van die Russiese dokter Nikolay Artemov se "Instruksies vir Bysteekgifterapie".[9][10]
Byeterapie word as alternatiewe medisyne vir verskeie gebruike bevorder,[2][11] maar die gesondheidsaansprake daarvan word nie deur wetenskaplike bewyse ondersteun nie.[2] Byegif of ander heuningbyprodukte is ondoeltreffend vir die behandeling of voorkoming van kanker.[1]
In die algemeen is bewyse vir die gebruik van heuning in wondbehandeling van so 'n lae gehalte dat daar nie vaste gevolgtrekkings gemaak kan word nie. [12][13]
Daar is gereeld nadelige reaksies op byegifterapie.[14] Gereelde blootstelling aan die gif kan ook lei tot artropatie (siekte van die gewrigte).[15] In sensitiewe persone kan gifverbindings as allergene optree, wat 'n spektrum van allergiese reaksies kan veroorsaak wat wissel van ligte, plaaslike swelling tot ernstige sistemiese reaksies, anafilaktiese skok, of selfs die dood. Volgens akademici wat akupunktuur met lewende bye bestudeer het, is dit "onveilig en onaanvaarbaar".[16]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.