Brugge
From Wikipedia, the free encyclopedia
Brugge (Frans en Engels: Bruges, Duits: Brügge) is die hoofstad van die Belgiese provinsie Wes-Vlaandere met 'n oppervlak van 138,4 vierkante kilometer en sowat 118 000 inwoners (soos op 1 Januarie 2019).
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Vlaandere |
Provinsie | Wes-Vlaandere |
Koördinate | 51°12'N, 3°13'O |
Stadstatus | 27 Julie 1128 |
Oppervlak: | |
- Totaal | 138,4 vk km |
Hoogte bo seevlak | 2 m bo seespieël |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2019) | 118 325 |
- Bevolkingsdigtheid | 854,9/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Dirk De Fauw (CD&V) |
Amptelike Webwerf | www.brugge.be |
Die stad, wat danksy die groot aantal kanale ook as die "Venesië van die Noorde" bekend staan, is in 2000 deur die Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. In 2002 is dit saam met die Spaanse Salamanca as die kulturele hoofstad van Europa aangewys.