![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/33/Kodak_Brownie_Flash_III.jpg/640px-Kodak_Brownie_Flash_III.jpg&w=640&q=50)
Brownie
gewilde reeks eenvoudige en goedkoop kameras wat deur Eastman Kodak vervaardig is / From Wikipedia, the free encyclopedia
Brownie is die naam van ’n gewilde reeks eenvoudige en goedkoop kameras wat deur Eastman Kodak vervaardig is. Dit het goedkoop, maklike fotografie gewild gemaak.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/33/Kodak_Brownie_Flash_III.jpg/640px-Kodak_Brownie_Flash_III.jpg)
Die eerste Brownie, wat in Februarie 1900 bekend gestel is,[1] was ’n baie basiese bokskamera van harde karton met ’n eenvoudige holbollens wat vierkantige 2¼ dm.-foto's op 117-rolfilm geneem het. Met sy eenvoudige kontroles en goedkoop prys van $1, was dit ’n kamera wat almal veronderstel was om te kan bekostig. Dit is genoem na die gewilde tekenprent deur Palmer Cox.
Een van die gewildste Brownie-modelle was die Brownie 127, waarvan miljoene tussen 1952 en 1967 verkoop is.