From Wikipedia, the free encyclopedia
Broeton-eiland (Russies: Остров Броутона, Ostrof Broetona; Japannees: 武魯頓島, Buroton-tō) is 'n onbewoonde vulkaniese eiland naby die middel van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Dit val in die Sachalin-oblast van Rusland.
Broeton-eiland | |
---|---|
Eiland van die Koerile | |
'n Satellietfoto van Broeton-eiland.
| |
Ligging | See van Ochotsk |
Plaaslike naam | Остров Броутона 武魯頓島 |
Argipel | Koerile |
Oppervlakte | 7 km2 |
Hoogste punt | 801 m |
Land | Rusland |
Deelgebied | Sachalin-oblast |
Bevolking | 0 |
Die eiland is genoem na William Robert Broughton, 'n Britse skeepskaptein wat baie van die Koerile-eilande tydens sy seereise in die 18de eeu karteer het. Die oorspronklike naam, van die inheemse taal Ainoe, was Makanroeroe, wat rofweg beteken "eiland in 'n sterk stroom".
Broeton-eiland het 'n rofweg ronde vorm, met 'n oppervlakte van 7 km .[1] Dit is geleë sowat 17 km noordwes van die twee eilande bekend as Tsjirpoi en Tsjirpoi se Broer.
Die eiland bestaan uit 'n rustende of uitgedoofde stratovulkaan wat 801 m bo die seevlak uitrys. Die berg het nog nie in historiese tye uitgebars nie. Die eiland het steil kranse en geen sanderige strande nie, wat dit moeilik en gevaarlik maak om te land, selfs wanneer die water kalm is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.