From Wikipedia, the free encyclopedia
Die British South Africa Company (BSAC of BSACo) was hoofsaaklik 'n mynboumaatskappy, maar het ook in 'n stadium die adminstrasie van Noord-Rhodesië en Suid-Rhodesië behartig.
British South Africa Company | |
BSAC se logo en vlag | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 29 Oktober 1889 |
Hoofkantoor | Londen, Verenigde Koninkryk |
Sleutelpersone | Cecil John Rhodes (stigter) |
Gebied bedien | Suider-Afrika Suid-Afrika Botswana Rhodesië Zambië en hul voorganger entiteite |
Industrie | Mynbou, koloniale ondernemings |
Produkte | Self-vergadering meubels |
Ontbind | 31 Maart 1965 |
In 1888 bring Cecil John Rhodes, Charles Dunnell Rudd en Francis Robert Thompson 'n sindikaat op die been wat hulle die Central Search Association noem en as sulks verkry hulle die Rudd-konsessie van koning Lobengula. Die sindikaat smelt later met The Exploration Co. Ltd. saam en gevolglik ontstaan die British South Africa Company in Maart 1889 met Rhodes as besturende direkteur in Afrika. Die direksie was onder voorsitterskap van die hertog van Abercorn en onder die direkteure was mense soos die hertig van Fife, lord Gifford en George Cawston.
Die BSA Co. neem beheer van die Rudd-konsessie oor en stem in om die helfte van die maatskappy se netto opbrengs aan die Central Search Association oor te betaal. In 1893 koop die BSA Co. dié sindikaat uit.
Op 29 Oktober 1889 verkry die BSA Co. per koninklike oktrooi die reg om die administrasie te behartig van die gebied wat oopgestel is danksy die konsessie wat koning Lobengula op 30 Oktober 1888 aan Rudd toegestaan het. Later het die maatskappy die reg verkry om die hele gebied wat noord van die Zambezirivier en wes van Njassaland onder Britse invloed gekom het, te administreer. Die maatskappy kry ook mynbouregte in Noord-Rhodesië, die Njassaland-protektoraat (Malawi) en Betsjoeanaland-protektoraat.
Bykomende oktrooie verleen aan die maatskappy die reg om die Kaapse spoorweë en telegraafstelsel noordwaarts uit te brei en gee hom ook konsessies met betrekking tot mynbou, bosbou en op ander gebiede.
Die BSA Co. het Suid-Rhodesië tot 12 September 1923 geadministreer toe die gebied die reg op verantwoordelike regering as Britse kolonie kry. Van toe af word die maatskappy se belange suiwer kommersieel. Sowat 1,6 miljoen hektaar grond het in sy besit gebly, hy het die spoorweë beheer en ook die mineraalregte behou, wat die Rhodesiese regering later vir £2 miljoen gekoop het.
Die maatskappy het op 31 Maart 1965 met die Central Mining and Investment Corp Ltd. en die Consolidated Mines Corp Ltd. saamgesmelt om 'n nuwe maatskappy, Charter Consolidated, te vorm.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.