Bosnië en Herzegowina
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bosnië en Herzegowina (Serwo-Kroaties: Bosna i Hercegovina / Босна и Херцеговина), afgekort as BiH (БиХ) of B&H; dikwels bekend as net Bosnië) is 'n land in Suidoos-Europa. Dit lê in die Balkan en grens in die ooste aan Serwië, in die suidooste aan Montenegro en in die noorde en suidweste aan Kroasië. In die suide het dit 'n smal kuslyn aan die Adriatiese See in die Middellandse See, wat sowat 20 km lank is en die dorp Neum omring.
| |||||
Volkslied: Državna himna Bosne i Hercegovine ("Volkslied van Bosnië en Herzegowina") | |||||
Hoofstad | Sarajevo | ||||
Grootste stad | Sarajevo[1] | ||||
Amptelike tale | Bosnies, Kroaties en Serwies[2] | ||||
Regering • Hoë verteenwoordiger • Voorsitter van die Presidentskap • Lede van die Presidentskap • Voorsitter van die Raad van Ministers |
Federale parlementêre grondwetlike republiek Christian Schmidt Denis Bećirović Željka Cvijanović Željko Komšić Borjana Krišto | ||||
Onafhanklikheid • Eerste verwysing • Banat Bosnië • Koninkryk Bosnië • Verowering deur die Ottomaanse Ryk • Bosniese opstand • Jurisdiksie oorgedra aan Oostenryk-Hongarye • Anneksasie deur Oostenryk-Hongarye • Afskeiding van Oostenryk-Hongarye • Stigting van Joego-Slawië • Nasionale Dag • Onafhanklikheid van Joego-Slawië • Waargeneem • Huidige grondwet |
753 1154 1377 1463 1831 1878 1908 29 Oktober 1918 4 Desember 1918 25 November 1943 1 Maart 1992 6 April 1992 14 Desember 1995 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
51 129 km2 (125ste) 19 741 myl2 1,4 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2013-sensus - Digtheid |
3 475 000[3] (132ste) 3 531 159[4] 69 / km2 178,7 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,780[6] (74ste) – hoog | ||||
Gini (2011) | 33[7] – medium | ||||
Geldeenheid | Mark (BAM ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) MEST (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .ba | ||||
Skakelkode | +387 |
Die streek Bosnië, die binnelandse streek van die land, het 'n gematigde kontinentale klimaat met warm somers en koue winters met sneeu. In die sentrale en oostelike streke is die land bergagtig, in die noordooste taamlik heuwelagtig en in die noordooste hoofsaaklik plat. Herzegowina, wat die kleiner, suidelike streek van die land is, het 'n Mediterreense klimaat en is hoofsaaklik bergagtig. Sarajevo is die hoofstad en die land se grootste stad, gevolg deur Banja Luka, Tuzla en Zenica.
Die gebied wat nou Bosnië en Herzegowina is, word al sedert die laat Paleolitikum bewoon, maar daar is bewyse dat permanente nedersettings in die Neolitikum hier gevestig is. Sedert die aankoms van die eerste Indo-Europeërs is die gebied bewoon deur verskeie Illiriese en Keltiese beskawings. Die voorouers van die Suid-Slawiese volke wat vandag daar woon, het van die 6de tot 9de eeu gearriveer. In die 12de eeu is die Banaat Bosnië gestig. Teen die 14de eeu het dit ontwikkel tot die Koninkryk Bosnië. In die middel 15de eeu is dit deur die Ottomaanse Ryk geannekseer, en dit het tot die laat 19de eeu deel van dié ryk gebly. Die Ottomane het Islam na die streek gebring en baie aan die land se kultuur en sosiale opset verander.
Vandag handhaaf die land 'n hoë geletterdheid, hoë lewensverwagting en hoë onderwysvlakke en is een van die lande wat die meeste besoek word in die streek. Bosnië en Herzegowina is op streeksvlak sowel as internasionaal bekend vir sy natuurlike skoonheid en kulturele erfenis, oorgeërf van ses historiese beskawings.
Die land is beroemd vir sy kookkuns, wintersport, eklektiese en unieke musiek, argitektuur en sy feeste, waarvan sommige die grootste en mees prominente van hul soort in suidoostelike Europa is.
Die land is die tuiste van drie etniese groepe, of amptelik, samestellende mense, 'n term wat uniek aan Bosnië en Herzegowina is. Bosniake is die grootste groep van die drie, met Serwiërs tweede en derde Kroate. Ongeag sy etnisiteit word enige burger van Bosnië en Herzegowina steeds as 'n Bosniër geïdentifiseer.
Van die belangrikste godsdienste is Soenni-Islam, Serwies-Ortodokse Kerk en Rooms-Katolieke Kerk. Saam met Albanië en Kosovo is Bosnië en Herzegowina een van min Europese lande waar Moslems 'n bevolkingsmeerderheid vorm.