ster in die sterrebeeld Jagter From Wikipedia, the free encyclopedia
Betelgeuse (ˈbiːtəldʒuːz), ook bekend onder sy Bayer-naam, Alpha Orionis of α Ori, is die negende helderste ster in die naglug en die tweede helderste in die sterrebeeld Jagter (Orion). Dié rooi ster is ’n halfreëlmatige veranderlike ster waarvan die skynbare magnitude wissel tussen 0,2 en 1,2, die grootste wisseling van enige ster van die 1ste magnitude. Betelgeuse is een van die hoekpunte van die Somerdriehoek en is in die middel van die Somerseshoek geleë.
Betelgeuse | ||||
Betelgeuse word met ’n pienk pyl aangedui. | ||||
Sterrebeeld | Jagter | |||
Bayer-naam | Alpha Orionis, α Ori | |||
Spektraaltipe | M2Iab[1] | |||
Soort | Superreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 55m 10.3053s[1] | |||
Deklinasie | +07° 24′ 25.426″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 0,42 (0,3 tot 1,2)[1][2][3] | |||
B-V-kleurindeks | 1,85[4] | |||
U-B-kleurindeks | 2,06[4] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 7,7–20[5] | |||
Radius (R☉) | 950–1 200[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 90 000-150 000[5] | |||
Ouderdom (jaar) | ~7,3×106[6] | |||
Temperatuur (K) | 3 140–3 641[5][7] | |||
Afstand (ligjaar) | 643 ± 146[8] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Halfreëlmatige veranderlike | |||
Ander name | ||||
58 Ori, HR 2061, BD+7° 1055, HD 39801, FK5 224, HIP 27989, SAO 113271, GC 7451, CCDM J05552+0724AP, AAVSO 0549+07 | ||||
|
Die ster word geklassifiseer as ’n rooisuperreus van spektraaltipe M2Iab en is een van die grootste en helderste waarneembare sterre. As dit in die middel van die Sonnestelsel geleë was, sou dit verder as die Asteroïdegordel of dalk selfs die planeet Jupiter gestrek het.
Dit is moeilik om sy ware massa vas te stel, maar dit is waarskynlik tussen 5 en 30 sonmassas. Sy afstand van die Aarde af is in 2008 op sowat 640 ligjare geraam, wat beteken sy absolute magnitude is sowat −6,02. Die ster is minder as 10 miljoen jaar oud en het vinnig ontwikkel vanweë sy groot massa. Dit sal na verwagting binne die volgende miljoen jaar as ’n tipe II-supernova ontplof.
Betelgeuse is ’n wegholster wat gewerp is uit sy geboorteplek in die Orion OB1-assosiasie (wat die sterre van die Jagter se Belt insluit) en beweeg teen ’n geweldige spoed van 30 km/s deur die interstellêre medium. In die proses veroorsaak dit ’n boogskok van meer as 4 ligjare breed.[9]
Baie van die ster se eienskappe kan nie met sekerheid vasgestel word nie weens ’n verdonkering van sy buitenste lae, asook sy veranderlikheid en wisselende skynbare grootte. Verder word die ster se oppervlak verberg deur ’n komplekse, asimmetriese omhulsel van sowat 250 keer die ster se grootte wat veroorsaak word deur ’n enorme massaverlies.
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Orionis" en sy Flamsteed-naam "58 Orionis". Die tradisionele naam, "Betelgeuse", is afgelei van die Arabiese يد الجوزاء, Yad al-Jauzā ("die hand van Orion"). Middeleeuse vertalers het die Arabiese karakter vir "Y" verkeerdelik as "B" gelees, vandaar die beginletter B in Betelgeuse.
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die amptelike naam "Betelgeuse" vir die ster goedgekeur.[10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.