![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/99/Monoceros_constellation_map.svg/langaf-640px-Monoceros_constellation_map.svg.png&w=640&q=50)
Beta Monocerotis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Beta Monocerotis (afgekort as β Mon) is ’n stelsel met drie sterre in die sterrebeeld Eenhoring (Monoceros).[10] Met die blote oog lyk dit soos ’n enkele ster met ’n skynbare magnitude van sowat 3,74, wat dit die helderste ster in die sterrebeeld maak.[5] Met ’n teleskoop is ’n kurwe met drie vaalblou sterre te sien. William Herschel, wat dit in 1781 ontdek het, het gesê dit is "een van die mooiste gesigte aan die hemel". Die stelsel bevat drie Be-sterre, β Monocerotis A, β Monocerotis B en β Monocerotis C. Daar is ook ’n visuele dubbelstermetgesel wat waarskynlik nie fisiek naby aan die ander drie sterre is nie.[10]
Kitsfeite
Beta Monocerotis
| ||||
![]() | ||||
Die ligging van Beta Monocerotis (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Eenhoring | |||
Spektraaltipe | B4Veshell[1] B2vn(e)[2] B3V:nne[2] | |||
Soort | Driedubbele ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Komponent 1 | A | |||
Regte klimming | 06h 28m 49.0700s[3] | |||
Deklinasie | -07° 01′ 59.025″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,6[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0,10[5] | |||
U-B-kleurindeks | -0,63[5] | |||
Komponent 2 | B | |||
Regte klimming | 06h 28m 49.4238s[6] | |||
Deklinasie | -07° 02′ 03.876″[7] | |||
Skynmagnitude (m) | 5[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0,07[7] | |||
U-B-kleurindeks | -0,52[7] | |||
Komponent 3 | C | |||
Deklinasie | -07° 02′ 04.763″ | |||
Skynmagnitude (m) | 5,32[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0,1[8] | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | A | |||
Massa (M☉) | 8,7[9] | |||
Ligsterkte (L☉) | 3 200[10] | |||
Temperatuur (K) | 18 070[11][12] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 346[5] | |||
Komponent 2 | B | |||
Massa (M☉) | 6,2[10] | |||
Ligsterkte (L☉) | 1 600[10] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 123[7] | |||
Komponent 3 | C | |||
Massa (M☉) | 6[10] | |||
Ligsterkte (L☉) | 1 300[10] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 331[13] | |||
Eienskappe | ||||
Afstand (ligjaar) | 700 | |||
Ouderdom (jaar) | 27,5 miljoen[9] | |||
Veranderlikheid | Ja | |||
Veelvoudigheid | 3 | |||
Ander name | ||||
11 Monocerotis, STF 919, ADS 5107, CCDM J06288-0702, HIP 30867, WDS 06288-0702A A: BD−06°1574, GC 8412, HD 45725, HR 2356 B: BD−06°1575B, HD 45726, HR 2357 C: BD−06°1575C, HD 45727, HR 2358 | ||||
|
Sluit