Benue-Kongo-tale
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Benue-Kongo-tale is die grootste taalgroep binne die Niger-Kongo-taalfamilie. Die taalfamilie is ná die Benue- en Kongoriviere genoem, twee van die vernaamste riviere in die verspreidingsgebied van dié tale.
Kitsfeite
Benue-Kongo-tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Afrika suid van die Sahara, suid en oos vanaf Nigerië |
Genetiese klassifikasie: |
Niger-Kongo Atlanties-Kongo Benue-Kongo-tale |
Onderafdelings: |
Delta-Cross
Dakoe
Joekoen
Kainji
Plateau
Ukaan
|
Verspreiding van Benue-Kongo-tale in Nigerië en Benin |
Sluit
Die Benue-Kongo-tale bevat sowat 900 tale wat deur omtrent 270 miljoen mense in Afrika suid van die Sahara gebesig word. Enkele van die grootste tale in die groep word hieronder genoem.