From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Battenberg-familie was voorheen ’n morganatiese tak van die Huis van Hesse-Darmstadt, heersers oor die Groothertogdom Hesse in Duitsland. Die eerste lid was Julia Hauke, wie se swaer, groothertog Louis III van Hesse, haar in 1851 tydens haar morganatiese huwelik met sy broer, prins Alexander van Hesse en by Ryn, die Grafin van Battenberg gemaak het, met die aanspreekvorm "Verhewe Hoogheid" (Duits: Erlaucht). Die naam Battenberg verwys na die dorp Battenberg in Hesse. In 1858 het prins Alexander haar titel verhoog tot Prinses van Battenberg, met die aanspreekvorm "Deurlugtige Hoogheid" (Durchlaucht).
Battenberg | |
---|---|
Die Battenberg-wapen
Die wapen van Alexander van Battenberg, wat van 1879 tot 1886 oor die Prinsdom Bulgarye regeer het | |
Afstamming | Hesse-Darmstadt-tak van die Huis van Hesse |
Oorsprong | Groothertogdom van Hesse |
Kadettak | Mountbatten-familie |
Die van Battenberg is laas gebruik deur prins Francis Joseph van Battenberg, die jongste seun van die Prinses van Battenberg, wat in 1924 sonder kinders dood is. In 1917 het die meeste lede van die familie in die Britse Ryk gewoon en afstand van hulle Hesse-titels gedoen vanweë die toenemende anti-Duitse sentiment in Brittanje tydens die Eerste Wêreldoorlog. Hulle het hulle van na Mountbatten, die Engelse vorm van Battenberg, verander. Juan, Graaf van Barcelona, ’n seun van Victoria Eugénie van Battenberg, die koningin van Spanje, het egter tot met sy dood in 1993 die van Borbón y Battenberg gebruik.
Prins Alexander (1823-1888) was die derde oudste seun van Louis II, Groothertog van Hesse en by Ryn, en Wilhelmina van Baden, hoewel daar openlik gegis is dat sy biologiese pa sy ma se kamerheer was.[1] Prins Alexander se vrou, Julia von Hauke (1825-1895), was ’n gravin, die dogter van ’n Poolse adellike van Duitse afkoms. Hauke se rang was te laag dat sy dogter se kinders ’n aanspraak op die troon van Hesse kon hê. Daarom het haar swaer, Louis III van Hesse, die titel Gravin van Battenberg (Gräfin von Battenberg) vir haar en die paartjie se nageslag geskep. In 1858 is die titel tot Prinses van Battenberg verhoog. Daar was nooit ’n Prinsdom Battenberg nie. Daar was egter ’n vorige familie van grawe van Battenberg wat in die 14de eeu uitgesterf het.[2]
Ná 1858 het die kinders uit dié huwelik die titels prins en prinses gehad, met die aanspreekvorm Deurlugtige Hoogheid.[3] Battenberg was dus die naam van ’n morganatiese kadettak van die Groothertogdom Hesse, sonder ’n aanspraak op die troon.[4]
Een van die oorspronklike egpaar se seuns, prins Alexander van Battenberg, is verkies tot die heersende prins van Bulgarye; hy is later gedwing om te abdikeer.
Nog ’n seun, prins Hendrik van Battenberg, het getrou met prinses Beatrice van die Verenigde Koninkryk, die jongste dogter van koningin Victoria. Hulle dogter, Victoria Eugenia Julia Ena, het met die koning van Spanje getrou. Haar oom Edward VII van die Verenigde Koninkryk het haar titel tot koninklike hoogheid verhoog sodat sy die nodige status sou hê om in die Spaanse koningshuis in te trou.
Alexander en Julia se oudste seun, prins Louis van Battenberg, het die First Sea Lord van die Britse vloot geword. Vanweë anti-Duitse sentimente tydens die Eerste Wêreldoorlog in Brittanje het hy sy naam na Mountbatten verengels, nes sy kinders en neefs, die seuns van prins Hendrik en prinses Beatrice.
Een van die egpaar se vier seuns en een van hulle kleinseuns het afstand gedoen van hulle Hesse-titels en lordskappe by hulle neef, George V van die Verenigde Koninkryk, gekry: Prins Louis het die 1ste Markies van Milford Haven geword en prins Alexander, prins Hendrik se oudste seun, is die Markies van Carisbrooke gemaak.
Prins Louis se tweede oudste dogter, prinses Louise van Battenberg, het in 1923 getrou met die toekomstige Gustaf VI Adolf van Swede en in 1950 die koningingemaal van Swede geword. Sy jongste seun, Louis, het die laaste onderkoning van Indië geword. Sy oudste dogter, prinses Alice van Battenberg, het getrou met prins Andreas van Griekeland en Denemarke; hulle seun, prins Philip van Griekeland en Denemarke (later bekend as prins Philip, Hertog van Edinburg), het getrou met die eerste aanspraakmaker op die Britse troon, later Elizabeth II, nadat hy afstand van sy Griekse titels gedoen het en sy oupa aan moederskant se van, Mountbatten, aangeneem het. Die naam Battenberg, in sy Engelse vorm, is nou deel van die persoonlike van Mountbatten-Windsor van sommige lede van die Britse koninklike familie.
In 1897 het prins Francis Joseph van Battenberg met prinses Anna van Montenegro getrou;[5] sy was ’n suster van koningin Elena van Italië en ’n tante van Alexander I van Joego-Slawië.
Benewens dié wat hier bo gewys word;
Stambome van die families Battenberg, Mountbatten en Mountbatten-Windsor
Battenberg/ Mountbatten | Huis van Hesse-Darmstadt | Huis van Windsor (VK) | Huis van Romanof (Rusland) | Griekse koningsfamilie | Sweedse koningsfamilie | Spaanse koningsfamilie | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Louis II (1777–1848) Groothertog van Hesse en by die Ryn,1830 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Koningin Victoria | Albert, prinsgemaal | Prins Charles van Hesse en by die Ryn (1809-1877) | Louis III (1806-1877) Groothertog van Hesse en by die Ryn,1848 | Prins Alexander van Hesse en by die Ryn (1823-1888) | Julia v. Hauke (1825-1895) Gravin, later Prinses van Battenberg | Marie (1824-1880) Keiserin Maria Aleksandrowna | Keiser Aleksander II van Rusland (1818-1881) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Eduard VII | Prinses Alice (1843-1878) | Ludwig IV (1837-1892) Groothertog van Hesse en by die Ryn,1877 | Prinses Beatrice van die Verenigde Koninkryk (1857-1944) | Prins Henry van Battenberg (1858-1896) | Prins Alexander van Battenberg (1857-1893) Prins van Bulgarye (1879-1886) | Prins Francis Joseph van Battenberg (1861-1924) | Keiser Aleksander III van Rusland (1845-1894) | Koning George I van Griekeland,1863 (1845-1913) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
George V | Ernest Louis (1868-1937) Groothertog van Hesse en by die Ryn,1892 - abd 1918 | Alix (1872–1918) Keiserin Aleksandra van Rusland | Keiser Nikolaas II van Rusland (1868-1918) | Victoria (1863-1950) | Prins Louis van Battenberg (1854-1921) vanaf 1917 Louis Mountbatten, 1ste Markies van Milford Haven | Alexander (1886-1960) vanaf 1917 Alexander Mountbatten, Markies van Carisbrooke | Leopold (1889-1922) vanaf 1917 lord Leopold Mountbatten | Prins Maurice van Battenberg (1891-1914) | Victoria Eugénie van Battenberg (1887-1969) Koningin van Spanje,1906 -1931 | Koning Alfonso XIII van Spanje (1886-1941) dep 1931 | Koning Konstantyn I van Griekeland,1913-'17 & 1920-'22 (1868-1923) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
George VI | Georg Donatus, erfgroothertog van Hesse (1906-1937) | Lodewyk, Prins van Hesse en by Ryn (1908-1968) | Prinses Alice van Battenberg (1885-1969) | Prins Andreas van Griekeland en Denemarke (1882-1944) | Louise Mountbatten (1889-1965) Koningin van Swede | Koning Gustaf VI Adolf van Swede (1882-1973) Koning, 1950 | George (1892-1938) 2de Markies van Milford Haven | Lord Louis Mountbatten (1900-1979) 1ste Graaf Mountbatten van Birma | Infante Juan, Graaf van Barcelona (1913-1993) | Koning Paul van Griekeland,1947 (1901-1964) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Elizabeth II | Philip (1921-2021) Hertog van Edinburg | Prins Gustaf Adolf, Hertog van Västerbotten (1906-1947) | David Mountbatten (1919-1970) 3rd Markies van Milford Haven | Lady Pamela Hicks (1929 | Patricia Knatchbull (1924-2017) Grafin Mountbatten van Birma m. John Knatchbull, 7de Baron Brabourne | Koning Juan Carlos I (1938-) Koning van Spanje,1975-2014 | Sophia (1938) | Koning Konstantyn II van Griekeland,1964-'73 & 1920-'22 (1940) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Prins Charles, Prins van Wallis (1948-) | Anne Mountbatten-Windsor (1950-) | Prins Andrew, Hertog van York (1960-) | Prins Edward, Graaf van Wessex (1964-) | Koning Carl XVI Gustaf van Swede (1946-) Koning, 1973 | George Mountbatten (1961-) 4de Markies van Milford Haven | Lord Ivar Mountbatten (1963-) | Norton Knatchbull (1947-) 3de Graaf Mountbatten van Birma | 6 ander | Felipe VI (1968-) Koning van Spanje,2014 | Kroonprins Pavlos van Griekeland (1967) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.