Baardaasvoël
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die baardaasvoël of lammergeier (Gypaetus barbatus), is 'n ou-wêreldse aasvoël, die enigste lid van sy genus Gypaetus. Dit is 'n bedreigde spesie in Suider-Afrika.
Baardaasvoël of lammergier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Gypaetus Storr, 1784 |
Spesie: | G. barbatus |
Binomiale naam | |
Gypaetus barbatus (Linnaeus, 1758) | |
Soos ander aasvoëls, is die spesie 'n aasvreter wat die karkasse van dooie diere vreet. Dit laat val bene uit die lug om die murg in die hande te kry as die been breek. Soortgelyk word lewende skilpaaie ook uit die lug laat val om hulle te laat oopbars. Die baardaasvoël is die enigste bekende dier waarvan die dieet amper uitsluitlik (70 tot 90 persent) uit been bestaan.[2] Dit leef op kranse in hoë berge in die suide van Europa, die Kaukasus,[3] Afrika,[4] die Indiese subkontinent, en Tibet, hulle lê een of twee eiers in die middel van die winter wat aan die begin van die lente uitbroei.
Die bevolking van hierdie spesie daal steeds. Op die IUBN-rooilys was dit tot Julie 2014 as 'n veilige spesie geklassifiseer; dit is egter sedertdien herbeoordeel as 'n byna-bedreigde spesie.
Volgens legende is die Griekse toneelskrywer Aischulos dood na 'n lammergeier 'n skilpad op sy kop laat val het, wat gedink het dis 'n klip.