From Wikipedia, the free encyclopedia
Argentinosaurus ("Argentynse akkedis")[1] was ’n genus souropode-dinosourusse wat eerste deur Guillermo Heredia in Argentinië ontdek is. Die dier het op die destydse eilandkontinent Suid-Amerika voorgekom, iewers tussen 97 en 94 miljoen jaar gelede tydens die Laat Kryt-periode. Dit is een van die grootste bekende dinosourusse.
Argentinosaurus | |
---|---|
’n Gerestoureerde skelet (Naturmuseum Senckenberg). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | †Titanosauridae |
Genus: | †Argentinosaurus (Bonaparte & Coria, 1993) |
Binomiale naam | |
†Argentinosaurus huinculensis | |
Amphicoelias fragillimus Argentinosaurus huinculensis Mamenchisaurus sinocanadorum Supersaurus vivianae Sauroposeidon proteles
Argentinosaurus | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Die eerste fossiele wat as Argentinosaurus geïdentifiseer is, is in 1987 deur ’n Argentynse boer ontdek wat dit vir ’n groot stuk versteende hout aangesien het. ’n Reusagtige ruggraat is ook ontdek en was byna so lank soos ’n mens.[1] Die genus se tipe-spesie, A. huinculensis, is in 1993 deur die Argentynse palaeontoloë José F. Bonaparte en Rodolfo Coria beskryf en gepubliseer.
Min dele van Argentinosaurus is al ontdek. Die holotipe sluit net ’n paar rugwerwels, ribbes aan die regterkant van die heup, nog ’n deel van ’n rib en die regter-onderbeen in. Een van die werwels was 1,59 m lank en die onderbeen sowat 155 cm.[2] Ook ’n onvolledige bobeen is intussen aan die genus toegesê – dit is minstens 1,18 m lank.[3]
Die grootte van dié dele en vergelyking met ander souropodes stel wetenskaplikes in staat om die dier se grootte te raam. Dit was sowat 30–35 m lank en het omtrent 80-100 ton geweeg.[4][5] In 2013 is Argentinosaurus in ’n studie wat op 30 Oktober 2013 deur dr. Bill Sellers, Rudolfo Coria, Lee Margetts et al. gepubliseer is, digitaal herskep om sy beweeglikheid te toets. Die studie het bevind die dier het ’n maksimum spoed van 2 meter per sekonde gehad weens sy grootte en die impak op sy gewrigte.[6][7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.