Archangelsk
’n stad in Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
’n stad in Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
Archangelsk (Russies: Арха́нгельск [ʌrˈxangʲɛlʲsk]; wetenskaplike transliterasie: Archangel'sk) is ’n stad in die noorde van Rusland en die administratiewe setel van die federale deelgebied Archangelsk-oblast, geleë naby die monding van die Dwina in die Witsee. Die bevolking in 2013 was 350 985. Die stadsgebied strek oor 'n afstand van meer as 40 km langs die oewers van die Noordelike Dwina (Sewernaja Dwina) en oor talle eilande in sy rivierdelta.
Archangelsk Архангельск | |
---|---|
Stad | |
Archangelsk in die nag | |
Ligging van Archangelsk-oblast in Rusland | |
Koördinate: 64°32′N 40°32′O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Archangelsk-oblast |
Stigting | 1584 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Igor Godzisj |
Bevolking | |
• Totaal | 350 985 |
Tydsone | UTC+04:00 |
Webwerf | http://www.arhcity.ru/ |
Archangelsk, wat met die versterking van die 12de eeuse Aartsengel Michaelklooster in 1584 as Nowocholmogorskij Gorod gestig en deur tsaar Iwan IV aangewys is as die eerste (en voorlopig enigste) Russiese seehawe van waar internasionale handel met Engeland, die Lae Lande en ander Wes-Europese lande kon word.[1]
Rusland het in hierdie tydperk, toe alle oostelike kusgebiede onder Poolse en Sweedse beheer was, nog nie oor enige seehawe langs die Oossee beskik nie. So was Archangelsk tot in die 1720's, toe dit deur Sint Petersburg verbygesteek is, die belangrikste seehawe van Middeleeuse en vroeë moderne Rusland.
Eers gedurende die Groot Nordiese Oorlog tussen 1700 en 1721 het die prentjie begin verander nadat tsaar Pieter I in 1703 daarin geslaag het om 'n kusstreek in die noordooste te verower. Hier, naby die Sweedse vesting Nyenskans, sou sy nuwe hoofstad, Sint Petersburg, ontstaan. Tsaar Pieter die Grote het Archangelsk tot Rusland se grootste vlootbasis laat uitbou en ook 'n skeepswerf hier laat oprig. Vir die res van die 18de eeu is volgens beramings sowat die helfte van Rusland se buitelandse handelstrome deur Sint Petersburg se hawe gehanteer, veertig persent deur ander Russiese Oosseehawens (hoofsaaklik Riga, Reval en Narva) en net tien persent deur Archangelsk.[2]
Tans is Archangelsk een van die vernaamste nywerheidstede in Noord-Rusland. Naas Moermansk en Anadir is sy seehawe die belangrikste vertrekpunt vir plesierbootvaarte na die Arktiese Seegebied.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.