From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Apparatsjik (Russies: аппара́тчик, Russiese fonetiese uitspraak: ɐpɐˈratɕɪk) was 'n voltydse, professionele funksionaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie of die Sowjetregeringsapparatus (аппарат, apparat), dus iemand wat 'n posisie van burokratiese of politieke verantwoordelikheid beklee het, met die uitsondering van die hoër range van bestuur genaamd nomenklatura. James H. Billington beskryf 'n apparatsjik as "a man not of grand plans, but of a hundred carefully executed details." [1] Die term word dikwels as neerhalend beskou, met negatiewe konnotasies in terme van die kwaliteit, bekwaamheid en houding van die persoon wat beskryf word. [2]
Lede van die apparat (apparatsjiks of apparatsjiki) is gereeld oorgeplaas tussen verskillende gebiede van verantwoordelikheid, gewoonlik met min of geen werklike opleiding vir hulle nuwe verantwoordelikhede nie. Derhalwe was die term apparatsjik of "agent van die apparatus", gewoonlik die beste beskrywing van die persoon se beroep. [3] Nie alle apparatsjiks het lewenslange poste beklee nie. Baie het eers in hul middeljare die poste betree.[4] Hulle het verskeie voordele ontvang, insluitend gratis vakansies, etes en verblyf. [5] Vandag word die term apparatsjik ook in ander kontekste gebruik as dié van die Sowjetunie of kommunistiese lande.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.