![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/44/AirMark_Antonov_An-32_Spijkers-2.jpg/640px-AirMark_Antonov_An-32_Spijkers-2.jpg&w=640&q=50)
Antonof An-32
Russiese vragvliegtuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Antonof An-30 (NAVO verslagnaam: Cline) is 'n tweemotorige militêre vragvliegtuig. Die An-32 is in wese 'n Antonof An-26 wat met nuwe motore toegerus is. Dit is ontwerp om uiters ongunstige weerstoestande te kan weerstaan, beter as die An-26. Die vliegtuig is bekendgestel op die Parys Lugskou in Mei 1977.
Kitsfeite
Antonof An-32 | |
---|---|
Tipe | Vragvliegtuig |
Vervaardiger | Aviant |
Ontwerp deur | Antonof |
Nooiensvlug | 9 Julie 1976[1] |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | Indiese Lugmag Nasionale Lugmag van Angola Sri Lankaanse Lugmag Oekraïense Lugmag |
Vervaardig | 1982 tot tans |
Aantal gebou | 373[2] |
Eenheidskoste | VS$ 15 miljoen[3] |
Ontwikkel van | Antonof An-26 |
Sluit
Die vliegtuig word aangedryf deur twee Ivchenko AI-20 turboskroefmotore. Die An-32 se motors is 1,5 m hoër geplaas om te verseker dat vreemde voorwerpe wat op ruwe, gruis- of veldaanloopbane voorkom, nie die skroewe kan beskadig nie.