Ankylosauria, of die ankilosouriërs, is ’n superfamilie van plantvretende dinosourusse van die orde Ornithischia. Dit sluit die meeste dinosourusse in met pantsers in die vorm van beenagtige osteoderma. Ankilosouriërs was lywige viervoetiges met kort, sterk ledemate. Vanweë die gewig van hul pantsers was hulle baie stadig; hul topsnelheid van sowat 10 km/h.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Subgroepe ...
Ankylosauria
Tydperk: Middel-JuraLaat Kryt
167–66 m. jaar gelede
Thumb
Skelet van Euoplocephalus tutus (Senckenberg-museum).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Subklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Ankylosauria

(Osborn, 1923)
Subgroepe
Sluit

Ankilosouriërs het in die Vroeë Jura-periode in China hul verskyning gemaak en bestaan tot aan die einde van die Kryt-periode. Hulle het op al die kontinente voorgekom buiten Afrika. Die eerste dinosourus wat in Antarktika ontdek is, was die ankilosouriër Antarctopelta, waarvan fossiele in 1986 op Rosseiland gevind is.

Paleobiologie

Thumb
Die pantser van Edmontonia.

Alle ankilosouriërs het pantsers oor ’n groot deel van hul lyf gehad. Dit het bestaan uit groot, reghoekige tot ovaal plate wat in rye gelê het, met kleiner plate tussenin, asook stekels in sommige gevalle. Die eerste twee rye plate het ’n soort halfring om die nek gevorm. Ook die skedel was met pantser bedek.[1]

Hulle het ’n klein brein gehad in verhouding met die res van die lyf; net die souropodes het kleiner breine gehad.

Dieet

Ankilosouriërs was laag gebou (nie meer as ’n meter van die grond af nie) en het klein, driehoekige tande gehad. Hulle het lang, beweegbare tonge gehad. Hul mae was groot, wat daarop dui dat hulle gisting gebruik het om hul kos te verteer. Hulle het waarskynlik varings, broodbome en blomplante gevreet.

Klassifikasie

Ankylosauria word gewoonlik in twee families verdeel: Nodosauridae en Ankylosauridae. ’n Derde familie, Polacanthidae, word soms gebruik,[2] maar dit word meer dikwels beskou as ’n subgroep van een van die twee primêre families.[3]

Nodosauridae

Dié groep sluit tradisioneel Nodosaurus, Edmontonia en Sauropelta in. Hulle het langer snoete gehad as Akylosauridae. Hulle het nie die gebruiklike knots aan die einde van die stert gehad nie; hulle is beter bekend vir hul stekels. Nodosourides het besonder gespierde skouers gehad, en ’n gespesialiseerde knop of been op elke skouer waaraan al die spiere vas was wat hul swaar ruggraat opgehou het. Hulle het breë heupe en dik ledemate gehad, en kleiner, smaller snoete as die ankilosourides. Die meeste nodosouride-fossiele is in Noord-Amerika ontdek.

Ankylosauridae

Die grootste verskille tussen die ankilosourides en die nodosourides was eersgenoemde se knots aan die punt van hul stert, koepelvormige snoete en groot plate wat uit die bo- en onderkant van die skedel gesteek het. Laasgenoemde het geen van dié eieskappe gehad nie. Die tradisionele ankilosourides het later in die Kryt voorgekom. Dié familie sluit in Ankylosaurus, Euoplocephalus en Pinacosaurus.

Polacanthidae

Die familie Polacanthidae is in 1911 deur Wieland genoem om te verwys na ’n groep ankilosourusse wat gelyk het of hulle tussen die ander twee groepe val. Die meeste navorsers het dié groepering geïgnoreer tot laat in die 1990's, toe Kirkland dit gebruik het as ’n subfamilie vir ’n groep in sy 1998-ontleding. Kenneth Carpenter het later ook die naam gebruik vir ’n soortgelyke groep wat hy geglo het nader aan die ankilosourides as aan die nodosourides was.[4] Die eerste omvattende studie om die plek van Polacanthidae te bepaal, is in 2012 gepubliseer. Daarin is bevind hulle is óf ’n onnatuurlike groepering van primitiewe nodosourides óf ’n geldige subfamilie van Nodosauridae.[3]

Klassifikasie

’n Eenvoudige klassifikasie van Ankylosauria, waarin klades gebruik word, is:

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.