Amerikaanse Leër
Weermagdeel van die Verenigde State van Amerika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Amerikaanse Leër (Engels: United States Army, afgekort USA) is dié weermagdeel van die Verenigde State van Amerika, óf die Amerikaanse weermag, 'n deel van die Amerikaanse Gewapende magte wat primêr verantwoordelik is vir oorlogvoering op land.
Amerikaanse Leër | |
---|---|
Seël van die Amerikaanse Leër | |
Gestig | 14 Junie 1775[1][2] |
Land | Verenigde State van Amerika |
Tipe | Leër |
Hoofkwartier | Pentagon |
Aantal lede | 546 047 aktiewe personeel 559 244 Reserwe en Nasionale Wag personeel 1 105 301 totaal[3] |
Kommandostruktuur | Department van Oorlog (1789–1947) Department van die Leër (1947–hede) |
Mars | The Army Goes Rolling Along |
Kleur | Swart en Goud |
Veldslae | Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812 Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Amerikaanse Burgeroorlog Spaans-Amerikaanse Oorlog Eerste Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog Korea-oorlog Viëtnamoorlog Golfoorlog Irakse Oorlog |
Op 31 Desember 2010 het die Amerikaanse Leër 541 291 soldate op aktiewe diens, insluitend 75 500 vroue. Verder was daar 563 200 reserwesoldate (358 200 in die Nasionale Leërwag en 205 000 in die Amerikaanse Leërreserwemag).
Die voorloper van die Amerikaanse Leër, die Kontinentale Leër is op 14 Junie 1775 gestig, nog vóór onafhanklikheid, om te veg in die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog. Die Kontinentale Kongres stig die huidige Amerikaanse Leër aan die einde van die onafhanklikheidsoorlog op 3 Junie 1784 as vervanging vir die Kontinentale Leër.