From Wikipedia, the free encyclopedia
Die orde Amblypygi bestaan uit ongeveer 60 spesies wat voorheen as lede van die orde Uropygi beskou is. Lede van die Amblypygi is naglewend en hulle hou onder rotse, stompe, blare, ensovoorts. Hulle is tussen 4 en 45 mm groot en hul afgeplatte liggame is soortgelyk aan die van spinnekoppe. Die karapaks het ’n paar oë wat in die middel geleë is en daar kom nog twee of drie oë aan elke kant daarvan voor.
Amblypygi | |
---|---|
Heterophrynus, Ecuador | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | Amblypygi Thorell, 1883 |
Families | |
|
Hul kloukake is soortgelyk aan die van spinnekoppe en die kaaktasters is goed ontwikkel. Die eerste paar bene dien as sensoriese en tasorgane. Hulle is tot lang, sweepagtige strukture verleng, terwyl die laaste 3 paar ledemate as bewegingsorgane gebruik word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.