Alpha Reticuli
From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Reticuli (afgekort as α Ret) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Net (Reticulum).[6] Dit het ’n skynbare magnitude van 3,3[3] en lyk of dit ’n enkelster is,[9] sowat 162 ligjare van die Son af.[2] Dit is helder genoeg om in die Suidelike Halfrond met die blote oog te sien.
Alpha Reticuli
| ||||
Die ligging van Alpha Reticuli (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Net | |||
Spektraaltipe | G8 II-III[1] | |||
Soort | Subreus/reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 04h 14m 25.48414s[2] | |||
Deklinasie | -62° 28′ 25.8917″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,315[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -0,17 ± 0,05[4] | |||
B-V-kleurindeks | +0,922[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,63[5] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 3,11 ± 0,06[4] | |||
Radius (R☉) | 12,8 ± 0,6[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 240[6] | |||
Ouderdom (jaar) | 330 miljoen[4] | |||
Temperatuur (K) | 5 196[4] | |||
Afstand (ligjaar) | 162 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 5,7[7] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | 0,07[4] | |||
Ander name | ||||
CCDM J04144-6228, CPD−62 332, FK5 156, GC 5164, HD 27256, HIP 19780, HR 1336, IDS 04131-6243, PPM 353975, SAO 248969, WDS 04144-6228A[8] | ||||
|
Die ster se massa is drie keer dié van die Son en dit is sowat 330 miljoen jaar oud.[4] Sy sterreklassifikasie is G8 II-III,[1] wat aandui dit het eienskappe van beide ’n reusester (III) en ’n helder reus (II). Die ster is in ’n fase van sy evolusie waar dit uitgesit het tot 13 keer die radius van die Son. Sy effektiewe temperatuur is 5 196 K.[4] X-strale van die ster af is waargeneem, met ’n geraamde helderheid van 3 × 1029 erg s-1.[10]
Alpha Reticuli het ’n visuele metgesel van die 12de magnitude, CCDM J04144-6228B, sowat 48 boogsekondes van hom af.[8] Hulle kan dus ’n dubbelster wees met ’n wentelperiode van minstens 60 000 jaar.[6]