From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Indi (afgekort as α Ind) is ’n ster in die sterrebeeld Indiër en is sowat 98 ligjare van die Son af.[2] Sy sterreklassifikasie is K0 III-IV,[1] en dit het dus die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks geëvolueer. Sy massa is dubbel dié van die Son en dit is na raming 1 miljard jaar oud.[4] As ’n reusester het dit uitgesit tot 12 keer die Son se radius.[5] Sy effektiewe temperatuur is 4 893 K,[6] en dit het dus die oranje kleur wat tipies is van ’n K-tipe ster.[8]
Alpha Indi
| ||||
Die ligging van Alpha Indi (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Indiër | |||
Spektraaltipe | K0 III–IV[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 20h 37m 34.03201s[2] | |||
Deklinasie | -47° 17′ 29.4026″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,11[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 0,65[4] | |||
B-V-kleurindeks | +1,00[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,79[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 2[4] | |||
Radius (R☉) | 12[5] | |||
Ouderdom (jaar) | 1 miljard[4] | |||
Temperatuur (K) | 4 893[6] | |||
Afstand (ligjaar) | 98 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | 0,03[6] | |||
Ander name | ||||
HD 196171, HR 7869, SAO 230300, FK5 769, CD −47 13477, HIP 101772[7] | ||||
|
Dit kan twee nabygeleë M-tipe metgeselle hê wat minstens 2 000 AE van die hoofster af is.[9]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.