Alpha Horologii
From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Horologii (afgekort as α Hor) is ’n oranjekleurige reusester in die sterrebeeld Horlosie (Horologium). Met ’n skynbare magnitude van 3,85[3] is dit die helderste ster in die sterrebeeld en kan dit met die blote oog gesien word. Dit is sowat 115 ligjare van die Son af en beweeg weg teen ’n radiale snelheid van 21,6 km/s.[6]
Kitsfeite
Alpha Horologii
| ||||
Die ligging van Alpha Horologii (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Horlosie | |||
Spektraaltipe | K2 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 04h 14m 00.11445s[2] | |||
Deklinasie | -42° 17′ 39.7232″ [2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,853[3] | |||
B-V-kleurindeks | +1,097[3] | |||
U-B-kleurindeks | +1,013[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,55[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 37,61[5] | |||
Temperatuur (K) | 5, 028[5] | |||
Afstand (ligjaar) | 115 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,02[4] | |||
Ander name | ||||
CD −42° 1425, HD 26967, HIP 19747, HR 1326, SAO 216710 | ||||
|
Sluit
Sy sterreklassifikasie van K2 III[1] dui daarop dat dit ’n K-tipe geëvolueerde reusester is. Dit beteken die ster het die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg. Alpha Horologii se massa is sowat 1,55 sonmassas[4] en sy ligsterkte is 38 keer dié van die Son.[5] Dit het ’n oppervlaktemperatuur van 5 028 K.[5]