Alpha Andromedae
From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Andromedae (α Andromedae, afgekort Alpha And of α And), ook genoem Alpheratz,[8] is 97 ligjare van die Son af geleë en is die helderste ster in die sterrebeeld Andromeda. Dit lê net noordoos van die sterrebeeld Vlieënde Perd (Pegasus) en is die noordoostelike ster van die Groot Vierkant van Pegasus.
Kitsfeite
Alpha Andromedae | ||||
Alpha Andromedae | ||||
Sterrebeeld | Andromeda | |||
Bayer-naam | α Andromedae | |||
Spektraaltipe | B8IVpMnHg / A3V[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 00h 08m 23.25988s[2] | |||
Deklinasie | +29° 05′ 25.5520″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,06 (2,22 + 4,21)[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -0,19 ± 0,30 / 2 ± 0,30[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0,11[5] | |||
U-B-kleurindeks | -0,46[5] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 3,8 ± 0,2 / 1,85 ± 0,13[6] | |||
Radius (R☉) | 2,7 ± 0,4 / 1,65 ± 0,3[6] | |||
Ouderdom (jaar) | 60 miljoen / 70 miljoen [6] | |||
Temperatuur (K) | 13 800 / 8 500[6] | |||
Ander name | ||||
Alpheratz, Sirrah, Sirah, α And, Alpha Andromedae, Alpha And, δ Pegasi, δ Peg, Delta Pegasi, Delta Peg, 21 Andromedae, 21 And, H 5 32A, MKT 11, ADS 94 A, BD+28°4, CCDM J00083+2905A, FK5 1, GC 127, HD 358, HIP 677, HR 15, IDS 00032+2832 A, LTT 10039, NLTT 346, PPM 89441, SAO 73765, WDS 00084+2905A/Aa[7]
| ||||
|
Sluit
Hoewel dit met die blote oog soos ’n enkele ster lyk, met ’n skynbare magnitude van +2,06, is dit eintlik ’n dubbelster; dit bestaan uit twee sterre wat naby om mekaar wentel. Die chemiese samestelling van die helderste ster is ongewoon, aangesien dit ’n kwik-mangaan-ster is waarvan die atmosfeer abnormale hoë vlakke kwik, mangaan en ander elemente soos gallium en xenon bevat.[9] Dit is die helderste bekende kwik-mangaan-ster.[9]