Alkaid
From Wikipedia, the free encyclopedia
Alkaid (ook bekend as Eta Ursae Majoris of η UMa) is ’n ster in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is die linkerkantste ster van die asterisme Groot Wa (Big Dipper), maar anders as die meeste sterre van die Groot Beer is dit nie lid van die Ursa Major-groep sterre wat saam deur die lug beweeg nie.[10] Met sy skynbare magnitude van 1,84[11] is Alkaid die derde helderste ster in die sterrebeeld en een van die helderste sterre in die naglug.
Kitsfeite
Alkaid
| ||||
Alkaid se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Groot Beer | |||
Bayer-naam | Eta Ursae Majoris | |||
Spektraaltipe | B3 V[1] | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 13h 47m 32.43776s[2] | |||
Deklinasie | +49° 18′ 47.7602″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 1,86[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -0,67[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0,19[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,68[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 6,1 ± 0,1[5] | |||
Radius (R☉) | 3,4[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 594 ± 31[7] | |||
Ouderdom (jaar) | 10 ± 2,6 miljoen[5] | |||
Temperatuur (K) | 15 540 ± 1 157[7] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 150[8] | |||
Ander name | ||||
Benetnash, Benetnasch,[9] Elkeid, 85 Ursae Majoris, BD+50°2027, FK5 509, GC 18643, HD 120315, HIP 67301, HR 5191, PPM 53742, SAO 44752 | ||||
|
Sluit