From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Alfa Romeo 33 was 'n kompakte motor wat tussen 1983 en 1995 deur Alfa Romeo gebou is.
Alfa Romeo 33 (tweede reeks) | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Alfa Romeo |
Produksie | 1983–1995 |
Montering | Pomigliano d'Arco, Italië[1] Pininfarina Grugliasco-aanleg, Italië[2][3] |
Ontwerper | Ermanno Cressoni[4] Pininfarina (stasiewa) |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Klein gesinsmotor |
Bakstyl | 5-deur luikrug 5-deur stasiewa |
Uitleg | Langsgeplaasde voorenjin, voorwielaandrywing |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.3 L 4-silinderbokserenjin (petrol) 1.7 L QV: 4-silinderbokserenjin (petrol) 1.8 L HRT 392 I3 (turbodiesel)[5] |
Ratkas | 5-gang handrat |
Lengte | 4075 mm |
Breedte | 1615 mm |
Hoogte | 1350–1375 mm |
Massa | 890 – 1070 kg |
Asafstand | 2475 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Alfa Romeo Alfasud |
Opvolger | Alfa Romeo 145/146 |
Variante | Alfa Romeo Alfasud Alfa Romeo Sprint |
Hierdie motor is in beginsel 'n evolusie van sy voorganger, die Alfasud.
Die Alfa 33 het 'n unieke plek in die geskiedenis van Alfa Romeo aangesien amper 1 miljoen van hierdie motors vervaardig is. Gedurende sy 11-jarige lewensduur is die bakvorm twee keer verander. Die Alfa Romeo 33 is vervang deur die Alfa Romeo 145 en Alfa Romeo 146.
Aanvanklik bekend as die Alfa 33 (Tipe 905), is hierdie 5-deur motor in 1983 bekendgestel en 'n stasiewa weergawe is die opvolgende jaar bekendgestel. Dit was ontwerp deur Ermanno Cressoni van die Centro Stile Alfa Romeo terwyl die stasiewa deur Pininfarina ontwerp is.
Die Alfa Romeo 33 was bekend vir sy goeie hantering en kragtige "boxer"-enjin, maar ook bekend vir sy onbetroubare elektronika.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.