Al-Hujurat
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Al-Hujurat (Arabies: الحجرات, "Die Private Woonkwartiere") is die 49ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 18 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar.
Die naam van die hoofstuk kom uit vers 1-5, waarin gefokus word op die etiket teenoor Mohammed in die privaatheid van sy woonkwartiere.[1][2]
Moslemse historici verbind sommige van die verse (óf vers 2-5 óf net vers 4-5) met die gedrag van 'n afvaardiging na Mohammed. Dit betig die afgevaardigdes oor hulle gedrag en lê dan protokol neer vir wanneer mense met Mohammed te doen het.
Die hoofstuk bevat ook 'n verbod op handeling na aanleiding van ongeverifieerde nuus, 'n beroep vir vrede en versoening, en 'n verbod op laster en agterdog. 'n Universele broederskap tussen Moslems word verklaar. Die 13de vers is een van die beroemdste verse in die Koran; Moslemse geleerdes verstaan dit as die vestiging van gelykheid wat ras en oorsprong betref. Net God kan 'n mens se eerwaardigheid vasstel na aanleiding van sy geloof: "Sekerlik, die eerwaardigste onder julle by Allah is dié wat godvresend is."[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.