Medina

From Wikipedia, the free encyclopedia

Medina

Medina (Arabies: ‏المدينة المنورة, ook Medina, die Verligte) is die tweede heiligste stad van die Islam en lê in Saoedi-Arabië.[1] Medina het in 2006 'n bevolking van 1 300 000 gehad en het 'n oppervlakte van 589 km². Die Moskee van die Profeet in Medina is deel van die hadj, die Islamitiese bedevaart. Medina is een van die twee stede waar Mohammed die Koran van Allah ontvang het. Met die vlug van Mohammed uit Mekka in 622 begin die Islamitiese kalender. In 632 sterf Mohammed in Medina. Tradisioneel is die stad vir nie-Moslems gesluit.

Medina
‏المدينة المنورة
Thumb

Kaart Wapen
Thumb
Thumb
Vlag
Thumb
 Land Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
 Provinsie Madinah
 Koördinate 24°28′N 39°36′O
 Stigting 6de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 589 vk km
 Hoogte bo seevlak 608 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 1 300 000
 - Bevolkingsdigtheid 2 207/vk km
 Tydsone UTC +3
 Burgemeester Abdulaziz Bin Majid
 Amptelike webwerf amana-md.gov.sa
Thumb
Die moskee van die profeet Mohammed

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.