Air Europa
derde grootste Spaanse lugredery / From Wikipedia, the free encyclopedia
Air Europa Líneas Aéreas, SAU, kortweg bekend as Air Europa, is die derde grootste Spaanse lugredery naas IBERIA en Vueling. Die lugredery se hoofkwartier is in Llucmajor, Majorka, Spanje geleë;[1][2][3][4] met sy hoofspil by die Adolfo Suárez Madrid–Barajas Lughawe. Sy fokusstadbedrywighede is by Palma de Mallorca Lughawe en Tenerife-Noord-lughawe.[5][6][7] Air Europa vlieg na meer as 44 bestemmings in Spanje, die res van Europa, Suid-Amerika, Noord-Amerika, die Karibiese Eilande, Marokko en Tunisië.[8][5] Sedert September 2007 is Air Europa 'n lid van die SkyTeam-alliansie.
![logo](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/59/Air_Europa_Logo_%282015%29.svg/320px-Air_Europa_Logo_%282015%29.svg.png)